Gebed as kommunikasie met God



Mattheus 6:6 –
“Maar as jy bid, gaan in jou binneste kamer in, sluit die deur en bid tot jou Vader wat in die verborgene is.”

 
Gebed is God se uitnodiging tot gesprek. Dis nie ’n monoloog waar ons net vra nie, maar ’n dialoog waarin ons luister en ontvang. Jesus se lering oor die “binneste kamer” herinner ons dat ware gebed nie om vertoon gaan nie, maar om egte verhouding. In ’n wêreld van voortdurende geraas en afleiding, word dit ’n geestelike noodsaak om die deur toe te maak – letterlik en figuurlik – en tyd saam met God te hê.
 
Wanneer ons bid, vind daar ’n verskuiwing plaas: bekommernis word rus, onsekerheid word vertroue.  Karl Barth skryf: “Om te bid is om God ernstig te neem en onsself minder ernstig.”  Dit beteken dat ons ophou om self die laaste woord te hê, en God se wil bo ons eie te plaas.
 
In ons daaglikse lewe gee gebed perspektief. Dit herinner ons dat ons nie alleen 'dra' nie – God luister, troos en lei. Selfs in alledaagse dinge – soos ’n moeilike besluit, ’n gespanne verhouding, of ’n onrustige nag – kan gebed jou kragbron wees.

Here, dankie dat ek met U kan praat soos met ’n vriend en Vader. Help my om stil te word, U stem te hoor en U wil te soek in alles wat ek doen. Amen.
 
Geseënde en rustige Augustus.
Andre















 


Vorige Briewe 

Ysterklippe en veldblomme
Dankie Here vir al U seën. Suiwer my ysterklip-lewe deur U Gees wat in en deur my werk. Laat my blom in hierdie klip-wêreld. Raak ander aan deur die vrug van U Gees. More ...
Wysheid oor die grysheid
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE….
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Winde van verandering
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen More ...
'Wie is jy?'
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag... More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...
What makes us happy?
Mag die liefde in jou lewe net sterker groei, vir jouself, jou gesin, maar bo alles vir God. More ...
Wese van goeie dade
Die besondere opdrag om God lief te hê met alles wat en wie ons is dui op ons verhouding met God, as ons Vader en ons as Sy kind. Dit is ‘n liefde wat my hele wese omvat. More ...