Wees barmhartig, soos jul



Teksvers: “Wees dan barmhartig soos julle Vader barmhartig is.” – Lukas 6:36

 
Barmhartigheid is die beweging van God se hart na ons nood toe. Waar genade ons skuld aanspreek, spreek barmhartigheid ons lyding aan. Jesus se hele bediening was deurdrenk van barmhartigheid – vir die blindes, die siekes, die verlorenes, die verwerptes.

Die Dordtse Leerreëls beskryf hoe God mense nie verlos oor enige verdienste nie, maar “slegs uit barmhartigheid”. En in hierdie barmhartigheid word ons ook geroep om aktief te wees – nie net om te voel nie, maar om te doen.
 
Wanneer ons eerlik ons sonde erken, sien ons die noodsaak van God se regverdigheid. Maar dan breek die lig van sy genade deur – ’n onverdiende geskenk. Vanuit daardie genade vloei sy barmhartigheid – sy hand wat dra, sy hart wat omgee. En uiteindelik ontvang ons sy vergifnis: vryspraak wat nie net ons verlede afwas nie, maar ’n nuwe lewe moontlik maak. Hierdie vyf waarhede vorm saam die raamwerk van God se reddende liefde – en nooi ons elke dag dieper in sy teenwoordigheid in.
 
Gebed:

Barmhartige Vader, help my om te sien waar U oë sien, en te gee soos U gee. Maak my hart sag en my hande oop. Amen.
 
Geseënde week en vakansie. Onthou – Ware barmhartigheid lê nie in emosie nie, maar in deelname.

Andrè















 


Vorige Briewe 

Ysterklippe en veldblomme
Dankie Here vir al U seën. Suiwer my ysterklip-lewe deur U Gees wat in en deur my werk. Laat my blom in hierdie klip-wêreld. Raak ander aan deur die vrug van U Gees. More ...
Wysheid oor die grysheid
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE….
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Winde van verandering
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen More ...
'Wie is jy?'
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag... More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...
What makes us happy?
Mag die liefde in jou lewe net sterker groei, vir jouself, jou gesin, maar bo alles vir God. More ...
Wese van goeie dade
Die besondere opdrag om God lief te hê met alles wat en wie ons is dui op ons verhouding met God, as ons Vader en ons as Sy kind. Dit is ‘n liefde wat my hele wese omvat. More ...