Saamkuier in God se Naam



Teks: Psalm 133:1
“Kyk, hoe goed en hoe lieflik is dit as broers (en susters) saam woon – dít is soos olie van seën...”
 
 
In God se Koninkryk gaan dit nie net oor erns en uitdagings van die lewe nie – dit gaan ook oor saamwees. Regdeur die Bybel sien ons hoe die Here sy kinders uitnooi om nie net saam te aanbid nie, maar ook om saam te kuier, fees te vier en mekaar se teenwoordigheid te geniet. Dink aan die feeste van Israel, Jesus se maaltye met tollenaars en vriende, en die eerste kerk wat “dag vir dag eensgesind bymekaar gekom het... saam geëet het met blydskap en in alle eenvoud” (Hand. 2:46).
 
Ons geloofsgemeenskap is ’n wesenlike netwerk van verweefde verhoudinge – verbind deur Christus, gedra deur liefde. Om saam te kuier is deel van ons geloofslewe: dit bou verbinding en vertroue, bring vreugde, versterk eenheid en herinner ons dat ons nie alleen is nie.
 
Daarom nooi ons jou en elkeen wat jy ken uit na ons SAG se vreugdevolle byeenkomste! Kom kuier saam en kyk uit vir:

👉 Loughton se groot FUNDAY op Saterdag 28 Junie in Theydon Bois! Daar gaan vetkoek, boerewors rolle en pannekoek wees, speletjies en spookasem vir die kinders – wees deel van iets wat groter is as net ’n lekker dag. Kom vier die Here se goedheid – sáám.

👉 13 Julie – Sondagskoolafsluiting en piekniek-kuier in Theydon Bois ná die Erediens
 
Mag ons kuier, aanbid en lag tot eer van die Here – want ons is Sy mense, Sy familie, Sy vissers wie se -net- vir Hom werk. “Kom, laat ons bly wees en Hom eer gee, want die bruilof van die Lam het gekom.” – Openb. 19:7
 
Sien jou daar! 
Andrè







 


Vorige Briewe 

Ysterklippe en veldblomme
Dankie Here vir al U seën. Suiwer my ysterklip-lewe deur U Gees wat in en deur my werk. Laat my blom in hierdie klip-wêreld. Raak ander aan deur die vrug van U Gees. More ...
Wysheid oor die grysheid
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE….
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Winde van verandering
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen More ...
'Wie is jy?'
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag... More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...
What makes us happy?
Mag die liefde in jou lewe net sterker groei, vir jouself, jou gesin, maar bo alles vir God. More ...
Wese van goeie dade
Die besondere opdrag om God lief te hê met alles wat en wie ons is dui op ons verhouding met God, as ons Vader en ons as Sy kind. Dit is ‘n liefde wat my hele wese omvat. More ...