Saamkuier in God se Naam 


Teks: Psalm 133:1
“Kyk, hoe goed en hoe lieflik is dit as broers (en susters) saam woon – dít is soos olie van seën...”
 
In God se Koninkryk gaan dit nie net oor die 'erns en uitdagings' van die lewe nie – dit gaan ook oor saamwees. Reg deur die Bybel sien ons hoe die Here sy kinders uitnooi om nie net saam te aanbid nie, maar ook om saam te kuier, fees te vier en mekaar se teenwoordigheid te geniet. Dink aan die feeste van Israel, Jesus se maaltye met tollenaars en vriende, en die eerste kerk wat “dag vir dag eensgesind bymekaar gekom het... saam geëet het met blydskap en in alle eenvoud” (Hand. 2:46).
 
“Ons geloofsgemeenskap is ’n wesenlike netwerk van verweefde verhoudinge.” – verbind deur Christus, gedra deur liefde. Om saam te kuier is deel van ons geloofslewe: dit bou verbinding en vertroue, bring vreugde, versterk eenheid en herinner ons dat ons nie alleen is nie.
 
Daarom nooi ons jou en elkeen wat jy ken, uit na ons Gemeente se vreugdevolle byeenkomste! Kom kuier saam en kyk uit vir die volgende kuier geleenthede:
 
👉 6 Julie –Birmingham se braai, piekniek en Sondagskoolafsluiting.
 
👉 21 September – Tradisionele SA vingerhappies.
 
👉18 Oktober – Damesdag
 
👉7 Desember – Kerssangdiens
 
Mag ons kuier, aanbid en lag tot eer van die Here – want ons is Sy mense, Sy familie, Sy vissers wie se Net vir Hom werk. “Kom, laat ons bly wees en Hom eer gee, want die bruilof van die Lam het gekom.” – Openb. 19:7
 
Sien jou daar!
Andrè

 

Vorige Briewe 

Ysterklippe en veldblomme.
Dankie Here vir al U seën. Suiwer my ysterklip-lewe deur U Gees wat in en deur my werk. Laat my blom in hierdie klip-wêreld. Raak ander aan deur die vrug van U Gees. More ...
Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Woorde wat bly
Dit laat my dink aan woorde wat ons uit ons eie lewens onthou. Woorde wat anders mense tot, of oor ons gespreek het. Iemand wat in ons geglo het. Soms onthou ons sulke woorde 'n leeftyd lank. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...