Saamstaan as Gemeente van God


Teks: Efesiërs 4:15-16
“...ons moet in liefde by die waarheid bly en in alles groei na Christus toe. Hy is die hoof, en uit Hom groei die hele liggaam – elke deel met mekaar verbind en afhanklik van mekaar – en so bou die liggaam homself op in liefde, soos elke deel sy werk doen.”

Ons gemeente is meer as net ’n Sondag-oomblik of 'n gebou – dit is ’n familie en netwerk: mense wat verbind is deur Christus, met mekaar verweef soos sterk toue, elkeen met sy aard en op sy plek. ’n Netwerk van genade en diens. ’n Netwerk wat werk – vir God se Koninkryk.

In ’n wêreld vol eensaamheid en gebrokenheid, nooi God ons om deel te wees van iets groter – iets wat Sy liefde en lig sigbaar maak. Wanneer ons saamstaan in geloof, gebed, hoop en diens, dan bou ons nie net ’n organisasie nie – ons bou aan God se Koninkryk. Daarom het Hy Sy Heilige Gees aan ons geskenk.

Soos die lied 'Build Your Kingdom Here' deur Rend Collective: 
"We are Your church,
We are the hope on earth…"

Elke oproep, elke gebed, elke drukkie en elke taak – dit alles vorm deel van die groot prentjie. Christus is ons Hoof, maar ons is Sy hande, Sy voete, Sy stem, Sy hart, Sy asem. En wanneer ons saamwerk as '’n netwerk wat werk', dan wys ons vir die wêreld:
God leef,
God stuur, 
God is hier,
en Sy verlossing en liefde versterk. 

Gebed:
Here, maak van ons ’n netwerk wat werk – verbind in liefde, getrou in diens, lewend in U Gees – tot uitbreiding van U Koninkryk. Amen.

Andrè

 

Vorige Briewe 

Ysterklippe en veldblomme.
Dankie Here vir al U seën. Suiwer my ysterklip-lewe deur U Gees wat in en deur my werk. Laat my blom in hierdie klip-wêreld. Raak ander aan deur die vrug van U Gees. More ...
Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Woorde wat bly
Dit laat my dink aan woorde wat ons uit ons eie lewens onthou. Woorde wat anders mense tot, of oor ons gespreek het. Iemand wat in ons geglo het. Soms onthou ons sulke woorde 'n leeftyd lank. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...