Gestuur om saam te staan.


Teks:  Johannes 17:21 – “Ek bid dat hulle almal een mag wees…”

 Die weke na Paasfees bring dikwels 'n 'stilword'. Die viering is verby, die vreugde het bedaar, en die gewone lewe wag. Tog bly die Opstandingskrag leef — en ons roeping ook.

Jesus bid in Johannes 17 vir eenheid onder Sy volgelinge. Hy stuur ons nie net individueel uit nie, maar as 'n liggaam, ’n gemeenskap. Galasiërs 6:2 roep ons op: “Dra mekaar se laste, en gee op dié manier uitvoering aan die wet van Christus.”

Om ’n las te dra, beteken meer as net simpatie hê. Dit vra betrokkenheid: om by ’n siek vriend aan huis te gaan, ’n traan saam te huil, of saam stil te staan by 'n graf. Dit beteken om stil te luister wanneer iemand nie weet hoe om te bid nie, en dán namens hulle te bid.

In geloofstryde — wanneer twyfel en aanvalle kom — herinner ons mekaar aan die waarheid van die opstanding: Christus lééf, en Hy is met ons.

Dié soort saamstaan laat die wêreld Jesus se liefde sien. Dít is hoe ons gestuur word: nie net met woorde nie, maar met hande wat help dra, en harte wat saam glo.
 
Saam is ons sterk, nie omdat ons volmaak is nie, maar omdat Jesus tussen en in ons woon.
 
Gebed:
Here, help my om ’n draer van ander se laste te wees, met liefde, geloof, deernis en getroue gebed. Amen.
 
Andrè

 

Vorige Briewe 

Ysterklippe en veldblomme.
Dankie Here vir al U seën. Suiwer my ysterklip-lewe deur U Gees wat in en deur my werk. Laat my blom in hierdie klip-wêreld. Raak ander aan deur die vrug van U Gees. More ...
Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Woorde wat bly
Dit laat my dink aan woorde wat ons uit ons eie lewens onthou. Woorde wat anders mense tot, of oor ons gespreek het. Iemand wat in ons geglo het. Soms onthou ons sulke woorde 'n leeftyd lank. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...