Gestuur om te groei in Christus.



Teks:  Johannes 15:5 – “Ek is die wingerdstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, dra baie vrug…”
 
Wanneer iemand soos hul voorouers uitblink, sê ons: “Dis in sy bloed.” ’n Oorgeërfde vermoë. Maar daar is ook ’n donker erfenis vir die mens: die sonde is in óns bloed – van Adam af leef ons natuurlik vir onsself, nie vir God nie.
 
Die Ou Testament getuig van offers en tempels, van pogings om die skeiding tussen God en mens te oorbrug. Maar niks was ooit genoeg nie.
Toe kom Jesus. Nie met geërfde sonde nie, maar met sondelose bloed. In Johannes 15 leer Hy ons: groei is nie ’n prestasie nie, maar ’n verbintenis. Ons groei nie deur self te probeer nie, maar deur aan Hom vas te bly. “Wie in My bly…”
 
Jesus se bloed was volmaak. Dit bring nie net vergifnis nie, maar ook ’n nuwe identiteit: ons is nou deel van Christus. Dít is nou in ons bloed – Sy genade, Sy liefde, Sy lewe. En daarmee kom ’n nuwe roeping: om te groei in Sy beeld en vrug te dra wat Hom verheerlik.
Soos lote aan die wingerdstok word ons elke dag gevorm, gesnoei en gevoed deur Sy Woord, Sy Gees en Sy liefde – nie om net vir onsself te leef nie, maar om ander te dien en God te eer.
 
Sondag is SA Gemeente se gesamentlike erediens in Guildford om 10:00. Kom verbind jou opnuut om God te eer, want Hy bly in jou.
 
Gebed:
Here Jesus, leer my om in U te bly, U stem te hoor, en vrug te dra tot eer van U Naam. Amen.

 
Andrè


Vorige Briewe 

Ysterklippe en veldblomme
Dankie Here vir al U seën. Suiwer my ysterklip-lewe deur U Gees wat in en deur my werk. Laat my blom in hierdie klip-wêreld. Raak ander aan deur die vrug van U Gees. More ...
Wysheid oor die grysheid
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE….
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Winde van verandering
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen More ...
'Wie is jy?'
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag... More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...
What makes us happy?
Mag die liefde in jou lewe net sterker groei, vir jouself, jou gesin, maar bo alles vir God. More ...
Wese van goeie dade
Die besondere opdrag om God lief te hê met alles wat en wie ons is dui op ons verhouding met God, as ons Vader en ons as Sy kind. Dit is ‘n liefde wat my hele wese omvat. More ...