Gestuur om te dien.


Teks:  Johannes 13:12-17
 
In die bo-vertrek, net voor Sy lyding, verras Jesus Sy dissipels: Hy was hulle voete. Die Meester word die Dienskneg. In Johannes 13:12-17 vra Jesus: “Verstaan julle wat Ek vir julle gedoen het?” En dan sê Hy:“Ek het vir julle ’n voorbeeld gestel.”
 
Hierdie voorbeeld gaan teen alles waarvoor mag, status en selfs godsdiens staan. Jesus herinner ons aan Markus se woorde: “So moet dit nie met julle wees nie!” As Kerk van Christus is ons geroep tot anders-wees – nie om te heers nie, maar om te dien.
 
Diensbaarheid is nie ’n bewys van swakheid nie, maar van groei in dissipelskap. Ons groei geestelik wanneer ons bereid is om ons eie gemak prys te gee, en ander se laste te dra. Om te dien is om soos Christus te word: bereid om te buig, te vergewe, te dra en te gee.
 
Ons kan dit egter nie uit eie krag doen nie. Selfverloëning, kruis dra, en liefde leef, vra genade. Jesus se dood aan die kruis, en Sy opstanding, gee ons daardie Genade. Vanuit Golgota stap ons nie skaam weg nie, maar as oorwinnaars – deur Hom wat ons liefhet.
 
Aanvaar Sy genade, deel in Sy verlossing en leef Sy liefde – elke dag, deur diensbaarheid.
 
Gebed:
Here Jesus, leer my om te dien soos U, met liefde, genade en nederigheid. Laat my groei in U beeld. Amen.
 
Geseënde Paasfees!
Andrè
 

 

Vorige Briewe 

Ysterklippe en veldblomme.
Dankie Here vir al U seën. Suiwer my ysterklip-lewe deur U Gees wat in en deur my werk. Laat my blom in hierdie klip-wêreld. Raak ander aan deur die vrug van U Gees. More ...
Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Woorde wat bly
Dit laat my dink aan woorde wat ons uit ons eie lewens onthou. Woorde wat anders mense tot, of oor ons gespreek het. Iemand wat in ons geglo het. Soms onthou ons sulke woorde 'n leeftyd lank. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...