Gestuur om te dien.



Teks:  Johannes 13:12-17
 
 
In die bo vertrek, net voor Sy lyding, verras Jesus Sy dissipels: Hy was hulle voete. Die Meester word die Dienskneg.
In Johannes 13:12-17 vra Jesus: “Verstaan julle wat Ek vir julle gedoen het?” En dan sê Hy: “Ek het vir julle ’n voorbeeld gestel.”
 
Hierdie voorbeeld gaan teen alles waarvoor mag, status en selfs godsdiens staan. Jesus herinner ons aan Markus se woorde: “So moet dit nie met julle wees nie!” As Kerk van Christus is ons geroep tot anders-wees – nie om te heers nie, maar om te dien.

Diensbaarheid is nie ’n bewys van swakheid nie, maar van groei in dissipelskap. Ons groei geestelik wanneer ons bereid is om ons eie gemak prys te gee en om ander se laste te dra. Om te dien is om soos Christus te word: bereid om te buig, te vergewe, te dra en te gee.

Ons kan dit egter nie uit eie krag doen nie. Selfverloëning, kruis dra, en liefde leef, vra genade. Jesus se dood aan die kruis, en Sy opstanding, gee ons daardie genade. Vanuit Golgota stap ons nie skaam weg nie, maar as oorwinnaars – deur Hom wat ons liefhet.
 
Aanvaar Sy genade, deel in Sy verlossing en leef Sy liefde – elke dag, deur diensbaarheid.
 
Gebed:
Here Jesus, leer my om te dien soos U, met liefde, genade en nederigheid. Laat my groei in U beeld. Amen.
 
Geseënde Paasfees!
Andre


 
 
 


Gebed: 
Vader, dankie vir U genade. Jesus, dankie vir U bloed. Heilige Gees, laat my groei tot U eer. Amen.
 
Andrè


Vorige Briewe 

Ysterklippe en veldblomme
Dankie Here vir al U seën. Suiwer my ysterklip-lewe deur U Gees wat in en deur my werk. Laat my blom in hierdie klip-wêreld. Raak ander aan deur die vrug van U Gees. More ...
Wysheid oor die grysheid
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE….
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Winde van verandering
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen More ...
'Wie is jy?'
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag... More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...
What makes us happy?
Mag die liefde in jou lewe net sterker groei, vir jouself, jou gesin, maar bo alles vir God. More ...
Wese van goeie dade
Die besondere opdrag om God lief te hê met alles wat en wie ons is dui op ons verhouding met God, as ons Vader en ons as Sy kind. Dit is ‘n liefde wat my hele wese omvat. More ...