Gestuur om getuienis te lewer.


Teks: Johannes 12:31
 
Wanneer kinders in die dieretuin rondbeweeg is hulle emosies duidelik. Hulle is luidrugtig vanweë hul opgewondenheid en hardloop (byna voortdurend) omdat hulle bang is hulle mis iets. Totdat hulle by daardie een hok kom, wat hulle dadelik tot stilstand bring en vrees hulle gesiggies vul vir die leeu wat brul en rondsluip in sy hok. Party kinders skree of hardloop selfs weg, terwyl hul ouers rustig bly.  Hoekom is die kind bang, en die ouer rustig?  Wat is die verskil?
Die kinders sien net die leeu; die ouer sien ook die hok en die skeiding tussen hulle en die gevaar. Die hok bring en gee gerusstelling vir elkeen wat dit raaksien.
 
Johannes wil vir elkeen wat sy Evangelie lees, en dié wat in Jesus glo, soortgelyke gerusstelling gee met die woorde in Johannes 12:31 (Die Boodskap):
31“Die tyd het gekom dat die mense gaan hoor wie reg en wie verkeerd is. Party mense dink mos die duiwel swaai die septer in die wêreld. Wel, Ek het vir julle nuus. Sy mag is gebreek. Hy het nie meer ’n sê in hierdie wêreld nie. By My gaan julle ware mag sien.
 
Mense het verskillende sienings oor die duiwel of die bose. Tot en met Jesus se koms het mense in vrees geleef, sonder hoop, vir die satan en sy demoniese magte wat oor die aarde geheers het. Satan en sonde het mag in die wêreld gehad. Maar Johannes gee hoop deur te getuig van die Waarheid.
Aan die kruis het Jesus “die owerhede en magte ontwapen en hulle openlik ten toon gestel en oor hulle getriomfeer” (Kolossense 2:15).
 
Ons moet steeds versigtig wees. Iemand wat in die leeu se hok klim, sal vind dat dit steeds ‘n roofdier is. Maar ons hoef nie die bose se beheer te vrees nie. Ons is vrygemaak en kan as kinders van God leef, sonder vrees. C.S Lewis verwoord dit so:
"The Son of God became a man to enable men to become sons of God." — C.S. Lewis
 
Gebed:
Vader God, U is ons beskerming en ons vrede. Soos ‘n Vader ‘n kind vashou voor die leeu, so beskerm U ons van die bose. Dankie vir Jesus se oorwinning aan die kruis — ek is vry! Laat ons met geloof en sonder vrees as U kinders leef.  Amen.
 

Andrè

 

 

Vorige Briewe 

Ysterklippe en veldblomme.
Dankie Here vir al U seën. Suiwer my ysterklip-lewe deur U Gees wat in en deur my werk. Laat my blom in hierdie klip-wêreld. Raak ander aan deur die vrug van U Gees. More ...
Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Woorde wat bly
Dit laat my dink aan woorde wat ons uit ons eie lewens onthou. Woorde wat anders mense tot, of oor ons gespreek het. Iemand wat in ons geglo het. Soms onthou ons sulke woorde 'n leeftyd lank. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...