Gestuur om getuienis te lewer



Teks: Johannes 12:31
 
Wanneer kinders in die dieretuin rondbeweeg is hulle emosies duidelik. Hulle is luidrugtig vanweë hul opgewondenheid en hardloop (byna voortdurend) omdat hulle bang is hulle mis iets. Totdat hulle by daardie een hok kom, wat hulle dadelik tot stilstand bring en vrees hulle gesiggies vul, vir die leeu wat brul en rondsluip in sy hok. Party kinders skree of hardloop selfs weg, terwyl hul ouers rustig bly.  Hoekom is die kind bang, en die ouer rustig?  Wat is die verskil?

Die kinders sien net die leeu; die ouer sien ook die hok en die skeiding tussen hulle en die gevaar. Die hok bring en gee gerusstelling vir elkeen wat dit raaksien.
 
Johannes wil vir elkeen wat sy evangelie lees, soortgelyke gerusstelling gee vir dié wat in Jesus glo, met die woorde in Johannes 12:31 (Die Boodskap):
31“Die tyd het gekom dat die mense gaan hoor wie reg en wie verkeerd is. Party mense dink mos die duiwel swaai die septer in die wêreld. Wel, Ek het vir julle nuus. Sy mag is gebreek. Hy het nie meer ’n sê in hierdie wêreld nie. By My gaan julle ware mag sien. 
 

Mense het verskillende sienings oor die duiwel of die bose. Tot en met Jesus se koms het mense in vrees geleef, sonder hoop, vir die satan en sy demoniese magte wat oor die aarde geheers het. Satan en sonde het mag in die wêreld gehad. Maar Johannes gee hoop, deur te getuig van die Waarheid –  Jesus se lewe, lei na die kruis.

Aan die kruis het Jesus “die owerhede en magte ontwapen en hulle openlik ten toon gestel en oor hulle getriomfeer” (Kolossense 2:15).
 
Ons moet steeds versigtig wees. Iemand wat in die leeu se hok klim, sal vind dat dit steeds ‘n roofdier is. Maar ons hoef nie die bose se beheer te vrees nie. Ons is vrygemaak en kan as kinders van God leef, sonder vrees.

C.S Lewis verwoord dit so:
"The Son of God became a man to enable men to become sons of God." — C.S. Lewis
 
Gebed: 

Vader God, U is ons beskerming en ons vrede. Soos ‘n Vader ‘n kind vashou voor die leeu, so beskerm U ons van die bose. Dankie vir Jesus se oorwinning aan die kruis — ek is vry! Laat ons met geloof en sonder vrees as U kinders leef.  

Amen.

Andre














 


 






Vorige Briewe 

Ysterklippe en veldblomme
Dankie Here vir al U seën. Suiwer my ysterklip-lewe deur U Gees wat in en deur my werk. Laat my blom in hierdie klip-wêreld. Raak ander aan deur die vrug van U Gees. More ...
Wysheid oor die grysheid
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE….
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Winde van verandering
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen More ...
'Wie is jy?'
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag... More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...
What makes us happy?
Mag die liefde in jou lewe net sterker groei, vir jouself, jou gesin, maar bo alles vir God. More ...
Wese van goeie dade
Die besondere opdrag om God lief te hê met alles wat en wie ons is dui op ons verhouding met God, as ons Vader en ons as Sy kind. Dit is ‘n liefde wat my hele wese omvat. More ...