Gestuur om te getuig.

  
Teks: Fillipense 2:3-4
Moet niks uit selfsug of eersug doen nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself. Julle moenie net elkeen aan sy eie belange dink nie, maar ook aan dié van ander.
 
Lydenstyd is ‘n tyd van refleksie en toewyding waarin ons nadink oor Jesus se lyding en wat dit vir ons lewens beteken. Dit is ‘n reis waarin ons onsself herinner aan ons eie roeping as volgelinge van Christus.
 
Johannes begin sy evangelie met die verklaring dat hy gestuur is om van die Lig te getuig: "Daar was ‘n man van God gestuur, wie se naam Johannes was. Hy het gekom as ‘n getuie om van die lig te getuig, sodat almal deur hom sou glo." (Johannes 1:6-7). Johannes verstaan sy lewe as ‘n sending – sy doel is nie om self in die kollig te wees nie, maar om die pad vir Christus gereed te maak. Hy erken: "Ek is nie die Lig nie, maar ek is gestuur om van die Lig te getuig." (Johannes 1:8).
 
Soos Johannes die Doper, is ons ook gestuur om te getuig van die Lig – Jesus Christus. Gestuur wees begin by jou.  Gestuur wees begin by die besef van wie jy is in Christus. As Sy kinders is ons gestuur om Sy lig in die wêreld te weerspieël – Sy Lig aan die wêreld te wys en te gee. Jesus sê in Johannes 20:21: "Soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook."
 
Mag ons hierdie Lydenstyd ons roeping herontdek en getrou getuig van die Lig.
Seënwense,

Andrè

 

 

Vorige Briewe 

Ysterklippe en veldblomme.
Dankie Here vir al U seën. Suiwer my ysterklip-lewe deur U Gees wat in en deur my werk. Laat my blom in hierdie klip-wêreld. Raak ander aan deur die vrug van U Gees. More ...
Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Woorde wat bly
Dit laat my dink aan woorde wat ons uit ons eie lewens onthou. Woorde wat anders mense tot, of oor ons gespreek het. Iemand wat in ons geglo het. Soms onthou ons sulke woorde 'n leeftyd lank. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...