God se liefde bind ons aan mekaar

 
Teks: 1 Korintiërs 13:13
13 En nou: geloof, hoop en liefde bly, hierdie drie. En die grootste hiervan is die liefde!

Goeie verhoudings is noodsaaklik vir die vervulling van ons lewe. Dit geld ook vir ons geloofslewe. Ons is as verhoudingswesens geskape, en weet dat goeie verhoudings met ander mense van kritiese belang is. Ds Frikkie van Wyk skryf dat hierdie afhanklik wees van en betrokke wees by die lewens van ander mense waar is vir die geloofsgemeenskap waarvan jy as gelowige deel is. Waar kom dit vandaan en wat beteken dit?
 
Die bron is gemeenskap met God. Paulus herinner die gelowiges in Efesiërs 3:14-19 dat hul gemeenskap met mekaar sy oorsprong in God het. Dit is nie bloot ‘n menslike besluit of ‘n organisatoriese struktuur wat ons in ‘n geloofsgemeenskap plaas nie, maar God self wat ons daartoe roep deur sy genade en Gees.
 
Daarom bid Paulus dat die gelowiges innerlik versterk sal word deur die Heilige Gees en dat Christus deur geloof in hul harte sal woon. Sy wens vir hulle is dat hulle in liefde gewortel en gegrondves sal wees, sodat hulle saam met ander gelowiges die volle omvang van Christus se liefde kan begryp – ‘n liefde wat alle verstand te bowe gaan.
 
Hierdie liefde kan nie alleen begryp word nie; dit moet binne die geloofsgemeenskap ervaar word. God het ons nie net tot verlossing geroep nie, maar ook tot ‘n verbintenis met ander gelowiges. Deur hierdie eenheid en gesamentlike groei, ontdek ons die ware diepte van sy liefde en word ons vervul met die volheid van God.
 
Kom ervaar Sy liefde en word deel van Sy gemeenskap.

Andrè

 

 

Vorige Briewe 

Ysterklippe en veldblomme.
Dankie Here vir al U seën. Suiwer my ysterklip-lewe deur U Gees wat in en deur my werk. Laat my blom in hierdie klip-wêreld. Raak ander aan deur die vrug van U Gees. More ...
Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Woorde wat bly
Dit laat my dink aan woorde wat ons uit ons eie lewens onthou. Woorde wat anders mense tot, of oor ons gespreek het. Iemand wat in ons geglo het. Soms onthou ons sulke woorde 'n leeftyd lank. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...