God se liefde bind ons aan mekaar.




Teks: 1 Korintiërs 13:13

13 En nou: geloof, hoop en liefde bly, hierdie drie. En die grootste hiervan is die liefde!
 
Goeie verhoudings is noodsaaklik vir ons vervulling in die lewe, en dit geld ook vir ons geloofslewe. Ons is as verhoudingswesens geskape, en weet dat goeie verhoudings met ander mense van kritiese belang is vir elkeen van ons. Ds Frikkie van Wyk skryf dat hierdie afhanklik wees van en betrokke wees by die lewens van ander mense waar is vir die geloofsgemeenskap waarvan jy as gelowige deel is. Waar kom dit vandaan en wat beteken dit?
 

Die bron is gemeenskap met God. Ons God is ‘n verhoudingswese. Paulus herinner die gelowiges in Efesiërs 3:14-19 dat hul gemeenskap met mekaar sy oorsprong in God het. Dit is nie bloot ‘n menslike besluit of ‘n organisatoriese struktuur wat ons in ‘n geloofsgemeenskap plaas nie, maar God self wat ons daartoe roep deur sy genade en Gees.

Daarom bid Paulus dat die gelowiges innerlik versterk sal word deur die Heilige Gees en dat Christus deur geloof in hul harte sal woon. Hy wens hulle toe dat hulle in liefde gewortel en gegrondves sal wees sodat hulle saam met ander gelowiges die volle omvang van Christus se liefde kan begryp – ‘n liefde wat verstand te bowe gaan.
 
Hierdie liefde kan nie alleen begryp word nie; dit moet binne die geloofsgemeenskap ervaar word. God het ons nie net tot verlossing geroep nie, maar ook tot ‘n verbinding met ander gelowiges. Deur hierdie eenheid en gesamentlike groei, ontdek ons die ware diepte van sy liefde en word ons vervul met die volheid van God.
 
Kom ervaar Sy liefde en word deel van Sy gemeenskap.

Andre










 


 






Vorige Briewe 

Ysterklippe en veldblomme
Dankie Here vir al U seën. Suiwer my ysterklip-lewe deur U Gees wat in en deur my werk. Laat my blom in hierdie klip-wêreld. Raak ander aan deur die vrug van U Gees. More ...
Wysheid oor die grysheid
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE….
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Winde van verandering
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen More ...
'Wie is jy?'
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag... More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...
What makes us happy?
Mag die liefde in jou lewe net sterker groei, vir jouself, jou gesin, maar bo alles vir God. More ...
Wese van goeie dade
Die besondere opdrag om God lief te hê met alles wat en wie ons is dui op ons verhouding met God, as ons Vader en ons as Sy kind. Dit is ‘n liefde wat my hele wese omvat. More ...