Bindmiddel van Ons Gemeente: Geloof



Teks: 1 Korintiërs 13:13

13 En nou: geloof, hoop en liefde bly, hierdie drie. En die grootste hiervan is die liefde!
 
Geloof is nie net ‘n persoonlike saak nie. Geloof bind ons as gelowiges aan God en aan mekaar. Paulus skryf in Filippense 2:1-2:  Aangesien julle die troos in Christus ondervind het, die aansporing deur die liefde, die gemeenskap deur die Gees, die innige meegevoel en meelewing – maak dan nou my blydskap volkome deur eensgesind te wees: een in liefde, een van hart, een in strewe. 

Met hierdie opmerking bedoel Paulus dat die teken van jou geloofsverbintenis aan God (wat volgens 1 Joh 4 “liefde“ is) sigbaar word in jou liefdesverbintenis met ander gelowiges. Ware geloof word sigbaar in die liefde en eenheid van ‘n geloofsgemeenskap.
 
Ons geloofsfamilie word saamgeheg en gebou in die vertroosting wat ons vind in Christus, deur Sy Gees se werking, en die meelewing wat ons saam ervaar.  Net soos ‘n liggaam uit verskillende ledemate bestaan en elke deel sy funksie het, so het elke gelowige ‘n rol in die liggaam van Christus (Efesiërs 4: 15-16). Ons is nie gemaak om op ons eie te staan nie – ons het mekaar nodig om saam te groei en God se liefde te weerspieël. Die kerk is nie net ‘n plek waar ons ontvang nie, maar ‘n familie waarin ons dien en mekaar ondersteun.
 
Wanneer ons in geloof aan Christus verbind is, leef ons dit uit deur om te gee, mekaar op te bou en in eensgesindheid te wandel. Ware geloof word nie net in woorde verkondig nie, maar dit word in dade van liefde sigbaar gemaak.

 
Gebed:
Here, maak ons eensgesind in U liefde en help ons om mekaar in geloof te dra. Amen.
 

Seënwense, Andre










 


 






Vorige Briewe 

Ysterklippe en veldblomme
Dankie Here vir al U seën. Suiwer my ysterklip-lewe deur U Gees wat in en deur my werk. Laat my blom in hierdie klip-wêreld. Raak ander aan deur die vrug van U Gees. More ...
Wysheid oor die grysheid
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE….
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Winde van verandering
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen More ...
'Wie is jy?'
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag... More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...
What makes us happy?
Mag die liefde in jou lewe net sterker groei, vir jouself, jou gesin, maar bo alles vir God. More ...
Wese van goeie dade
Die besondere opdrag om God lief te hê met alles wat en wie ons is dui op ons verhouding met God, as ons Vader en ons as Sy kind. Dit is ‘n liefde wat my hele wese omvat. More ...