Hoop bind


Teks: 1 Korintiërs 13:13
13 En nou: geloof, hoop en liefde bly, hierdie drie. En die grootste hiervan is die liefde!
 
Hoop is die onsigbare tou wat ons aan God en mekaar bind. Wanneer storms kom, hou hoop ons staande en voorkom dat ons in wanhoop verval. Romeine 15:13 sê: “Mag God, die bron van hoop, julle deurdrenk met sy vreugde en vrede omdat julle op Hom vertrou.” Hoop is nie 'n vae wens, of 'n ontsnapping uit die werklikheid nie, maar dit 'n diep gewortelde vertroue in God se beloftes vir die toekoms.

Daarom skryf C.S. Lewis in sy Mere Christianity:

"Hope is one of the theological virtues. This means that a continual looking forward to the eternal world is not (as some modern people think) a form of escapism or wishful thinking, but one of the things a Christian is meant to do."
 

Hoop is 'n lewende verwagting geanker in Christus. Dink aan 'n skip wat deur 'n anker gehou word – sonder die anker sal die skip ronddryf en verlore gaan. Hoop is ons geestelike anker in God. Dit bind ons aan Sy beloftes en hou ons in liefde verbind met ander. Wanneer ons ander aanmoedig en bemoedig, versprei ons hierdie bindende krag van hoop. En so anker die Gees hulle lewens ook.
 
Hoop is die goue draad wat geloof en liefde bymekaar hou.
 
Gebed:
Here, bind ons met die hoop wat in U gevind word. Gee my krag om ander met geloof en liefde te dien. Amen.
 

Andre







 


 






Vorige Briewe 

Ysterklippe en veldblomme
Dankie Here vir al U seën. Suiwer my ysterklip-lewe deur U Gees wat in en deur my werk. Laat my blom in hierdie klip-wêreld. Raak ander aan deur die vrug van U Gees. More ...
Wysheid oor die grysheid
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE….
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Winde van verandering
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen More ...
'Wie is jy?'
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag... More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...
What makes us happy?
Mag die liefde in jou lewe net sterker groei, vir jouself, jou gesin, maar bo alles vir God. More ...
Wese van goeie dade
Die besondere opdrag om God lief te hê met alles wat en wie ons is dui op ons verhouding met God, as ons Vader en ons as Sy kind. Dit is ‘n liefde wat my hele wese omvat. More ...