Kom saam


Teks: Prediker 4:9-10
9 Twee is beter as een, want twee mense kan meer regkry as net een. 10 As die een val, kan die ander een hom ophelp. Dit is sleg as die een val en daar is niemand om hom te help nie.
 
Die lewe is ’n reis vol uitdagings en oorwinnings. God het ons geskep om hierdie reis saam met Hom en ander te stap. Wanneer ons as families, vriende en geloofsgemeenskap saam beweeg, vind ons krag, ondersteuning en blydskap. Die netwerk(e) waarvan ons deel vorm het betekenis en waarde vir elkeen wat daaraan verbind is.
 
Die Bybel illustreer dit duidelik. Dink maar aan die Israeliete wat deur die woestyn gereis het. Hulle was verbind aan God deur die verbond met Abraham; en aan mekaar deur hul voorvader Jakob. God het hulle saam deur die woestyn gelei met ‘n wolkkolom bedags en ‘n vuurkolom snags. Hulle gedeelde reis het hul verhouding met God gebou, hulle geloof versterk en hulle laat leer om op God en mekaar te vertrou. Net so het Jesus sy dissipels  saamgebind en in ‘n gemeenskap gelei, as ’n groep wat saam kon leer en dien, om eindelik die evangelie te kon versprei tot eer van God.
 
In ons eie lewens sien ons die krag van saamwees. Gesinne wat saam bid, bou sterk fondamente sodat storm water hulle nie kan wegspoel nie. Vriende wat mekaar ondersteun, word instrumente van God se liefde om eindelik soos ‘n broer of suster te voel. Kerke wat tot eer van God as ’n eenheid werk, wys Christus se lig en liefde aan die wêreld.
 
Ek wil jou vandag uitnooi:  Kom saam – moenie alleen reis nie. Saam kan ons val en opstaan, mekaar bemoedig en mekaar nader aan God bring. Wanneer ons saamstap, maak ons die pad ligter en die bestemming ryker, tot eer van God.
 

Andrè

 

 

Vorige Briewe 

Ysterklippe en veldblomme.
Dankie Here vir al U seën. Suiwer my ysterklip-lewe deur U Gees wat in en deur my werk. Laat my blom in hierdie klip-wêreld. Raak ander aan deur die vrug van U Gees. More ...
Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Woorde wat bly
Dit laat my dink aan woorde wat ons uit ons eie lewens onthou. Woorde wat anders mense tot, of oor ons gespreek het. Iemand wat in ons geglo het. Soms onthou ons sulke woorde 'n leeftyd lank. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...