Saam BID
Teks: “Waar twee of drie in my Naam vergader, daar is Ek in hulle midde.” – Matteus 18:20
Gebed is die asem van ons geloofslewe. Om saam te bid is die hartklop van die gemeenskap van gelowiges. Wanneer ons saam bid, word ons bewus van ons verbondenheid aan Christus én aan mekaar. Dit is nie net ‘n ritueel nie, maar ‘n uitnodiging aan die Heilige Gees om ons saam te vorm, te lei en te versterk.
In Handelinge 2:42, is die vroeë kerk vir ons 'n voorbeel hiervan waar hulle volhard het in gebed, gemeenskap, en die breking van brood. Hierdie gemeenskaplike praktyk het hulle toegerus om uitdagings te oorkom en die evangelie kragtig te leef.
Saam-gebed versterk nie net die geloof van die individu nie, maar skep ‘n ruimte waar ons ons laste kan deel, mekaar kan bemoedig, en God se wil kan onderskei. Dit herinner ons dat ons deel is van iets groter – ’n liggaam van gelowiges wat saam groei in liefde en gehoorsaamheid aan God.
Gebed:
Here, dankie dat U ons as gemeente bind in gebed. Lei ons saam in liefde, eenheid en gehoorsaamheid tot U wil. Amen.
Andre
Vorige Briewe
| Ysterklippe en veldblomme | | Dankie Here vir al U seën. Suiwer my ysterklip-lewe deur U Gees wat in en deur my werk. Laat my blom in hierdie klip-wêreld. Raak ander aan deur die vrug van U Gees.
More ...
|
|
| Wysheid oor die grysheid | | Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie.
More ...
|
|
| WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…. | | Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde.
More ...
|
|
| Winde van verandering | | "Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie."
More ...
|
|
| Wese van goeie dade | | Die besondere opdrag om God lief te hê met alles wat en wie ons is dui op ons verhouding met God, as ons Vader en ons as Sy kind. Dit is ‘n liefde wat my hele wese omvat.
More ...
|
|
| |
|