Betlehem se vrede


Teks: Miga 5:1-4  
 
In Miga 5 lees ons:

Maar Jy, Betlehem, jy is klein onder die families van Juda, maar uit jou sal daar iemand kom wat aan My behoort en hy sal in Israel regeer.  Sy begin lê ver terug in die gryse verlede!  Hy sal sy mense ‘n kort rukkie prysgee, solank as dit ‘n vrou neem om ‘n kind in die wêreld te bring, dan sal die uit sy familie wat die ramp oorleef het, terugkom na Israel toe.  Hy sal na vore kom en sy volk lei deur die krag wat die Here hom gee, deur die sterkte van die Naam van die Here sy God.  Hulle sal woon tot in die uithoeke van die aarde, want hulle leier sal sterk wees.  Hy sal vrede bring.
 
Die woord wat die Skrif meestal vir vrede gebruik, is die bekende Hebreeuse woord "shalom". Dit is 'n woord wat vandag nog in baie wêrelddele gebruik word om mekaar te groet en vrede toe te wens - selfs in lande waar die mense nie Hebreeus praat nie. Hierdie woord beteken onder andere om veilig te wees, om voltooi te wees, om vrede te maak, om te gee, te beloon maar ook om te herstel en voorspoed te gee.

Vrede, is nie 'n gevoel of omstandighede of 'n doelwit nie. Vrede is ook 'n Persoon – Sy naam is Jesus Christus. Sy koms word voorspel onder die naam Vrede-vors. Die Engele lied wat sê: 'Vrede op aarde', was nie net ‘n pryslied nie, dit was ook ‘n strydlied. Die Engele sing van die tyd wat aangebreek het en dat die Verlossing gaan kom, want die Vrede was oppad na die aarde toe. Hy sal die vrede bring tussen ons, ons naastes, en ons God. Vrede wat niemand tot nou toe tot stand kon bring nie.  
 
Mag jy ‘n Advent vol vrede ervaar en leef.

Andrè





 















 
Vorige Briewe 

Ysterklippe en veldblomme
Dankie Here vir al U seën. Suiwer my ysterklip-lewe deur U Gees wat in en deur my werk. Laat my blom in hierdie klip-wêreld. Raak ander aan deur die vrug van U Gees. More ...
Wysheid oor die grysheid
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE….
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Winde van verandering
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen More ...
'Wie is jy?'
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag... More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...
What makes us happy?
Mag die liefde in jou lewe net sterker groei, vir jouself, jou gesin, maar bo alles vir God. More ...
Wese van goeie dade
Die besondere opdrag om God lief te hê met alles wat en wie ons is dui op ons verhouding met God, as ons Vader en ons as Sy kind. Dit is ‘n liefde wat my hele wese omvat. More ...