Dankie God.


Teks: Psalm 100

In Oktober het ons God gedank vir Sy voorsiening deur saam Harvest Festival te vier. Komende Sondag op Remembrance Sunday sê ons dankie vir God se beskerming. Oppad na Kersfees is ons gevul met dankbaarheid vir God se Liefde, Genade en Verlossing. Ons kan nie anders nie, as om saam met die Psalmdigter te sing:
 
Juig tot eer van die Here, almal op aarde!
Dien die Here met blydskap!
Kom voor Hom met gejubel!
Erken dat die Here God is:
Hy het ons gemaak en ons is Syne, ons is sy volk, sy eie kudde.
Gaan sy poorte binne met dankliedere, sy tempel met lofsange,
dank Hom, prys sy Naam, want die Here is goed,
aan sy liefde is daar geen einde nie,
sy trou duur van geslag tot geslag.
 
God is groot. Ons God is goed. Jou God is genadig. Kom dien Hom, kom prys SY Naam  by ons eredienste.
  

Seënwense,
Andrè


 

Vorige Briewe 

Ysterklippe en veldblomme.
Dankie Here vir al U seën. Suiwer my ysterklip-lewe deur U Gees wat in en deur my werk. Laat my blom in hierdie klip-wêreld. Raak ander aan deur die vrug van U Gees. More ...
Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Woorde wat bly
Dit laat my dink aan woorde wat ons uit ons eie lewens onthou. Woorde wat anders mense tot, of oor ons gespreek het. Iemand wat in ons geglo het. Soms onthou ons sulke woorde 'n leeftyd lank. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...