Dankie God


Teks:  Psalm 100

In Oktober het ons God gedank vir Sy voorsiening deur saam Harvest festival te vier. Komende Sondag (Remembrance Sunday) sê ons dankie vir God se beskerming. Oppad na Kersfees is ons gevul met dankbaarheid vir God se Liefde, Genade en Verlossing. Ons kan nie anders nie, as om saam met die Psalmdigter te sing:
 
Juig tot eer van die Here, almal op aarde!
Dien die Here met blydskap!
Kom voor Hom met gejubel!
Erken dat die Here God is:
Hy het ons gemaak en ons is Syne, ons is sy volk, sy eie kudde.
Gaan sy poorte binne met dankliedere, sy tempel met lofsange,
dank Hom, prys sy Naam, want die Here is goed,
aan sy liefde is daar geen einde nie,
sy trou duur van geslag tot geslag.
 
 
God is groot. Ons God is goed. Jou God is genadig. Kom dien Hom saam by ons Eredienste in November, en prys SY Naam!
 
Geseënde week.
Andre
 
 











 
Vorige Briewe 

Ysterklippe en veldblomme
Dankie Here vir al U seën. Suiwer my ysterklip-lewe deur U Gees wat in en deur my werk. Laat my blom in hierdie klip-wêreld. Raak ander aan deur die vrug van U Gees. More ...
Wysheid oor die grysheid
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE….
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Winde van verandering
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen More ...
'Wie is jy?'
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag... More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...
What makes us happy?
Mag die liefde in jou lewe net sterker groei, vir jouself, jou gesin, maar bo alles vir God. More ...
Wese van goeie dade
Die besondere opdrag om God lief te hê met alles wat en wie ons is dui op ons verhouding met God, as ons Vader en ons as Sy kind. Dit is ‘n liefde wat my hele wese omvat. More ...