God se LIG.



Teks:  Jesaja 8 en 9

“1 Die volk wat in donkerte geleef het, het 'n groot lig gesien, oor dié wat in die donker land was, het 'n lig geskyn."
 
In die eerste sewe hoofstukke van Jesaja is dit duidelik dat die donkerte die gevolg was van die mense se sonde en ongeregtigheid. Maar in hoofstuk 8 wil Jesaja duidelik maak hoe God die lig aansit, wat die duisternis verdryf: 20  Terug na die wet en die getuienis van die Here! Wie nie volgens hierdie woord praat nie, is sonder toekoms!
 
Die sake waaroor Jesaja skryf, was nie so verskillend van ons lewe vandag nie. Die waarhede van Jesaja se boodskap ook nie. Wanneer God, Sy Woord en Sy wil die middelpunt en #1 fokus van jou lewe word, verlig dit jou hele lewe, bestaan en rigting. Ons moet die Here oral dien deur deurlopend reg te lewe, te doen en te dink. Nie net op 'n Sondag en by die kerk nie.

Verlede week se teks sluit hierby aan. Johannes 8 maak duidelik dat Jesus Christus die Lig is vir die wêreld wat duisternis verdryf. Jesus se Lig verlig ons lewe. Ons moet met Sy Lig die duisternis rondom ons verdryf, sodat Sy Lig ander kan help sien. Elke keer wanneer jy iemand help, ‘n arme of behoeftige bystaan; ‘n eensame, verdrukte, ondersteun; ‘n siek of bejaarde versorg – leef ons God se liefde en skyn Sy Lig vir ander groter en meer intens as tevore.
 
Gaan wees God se #1 Lig-straler en help ons Gemeente om Sy Lig met meer mense te deel.


Gebed:
Here, dankie vir U Lig wat die duisternis verdryf. Laat die wat soek U lig sien deur my en ons Gemeente. Laat U vuur van Liefde in ons brand en U Lig deur ons skyn.
Amen.

 
  

Seënwense,
Andrè


 

Vorige Briewe 

Ysterklippe en veldblomme.
Dankie Here vir al U seën. Suiwer my ysterklip-lewe deur U Gees wat in en deur my werk. Laat my blom in hierdie klip-wêreld. Raak ander aan deur die vrug van U Gees. More ...
Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Woorde wat bly
Dit laat my dink aan woorde wat ons uit ons eie lewens onthou. Woorde wat anders mense tot, of oor ons gespreek het. Iemand wat in ons geglo het. Soms onthou ons sulke woorde 'n leeftyd lank. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...