Vuur
Teks: Daniël 3:25
"Kyk! Ek sien vier manne wat vrylik in die vuur loop, en die vierde lyk soos 'n seun van die gode."
Daar is verskeie vorms van lig in ons wêreld. Die son is nodig vir alle lewe op aarde. Die maan en sterre ‘n refleksie en bevestiging van sy lig. Lig in ons huise en motors is nodig in die donker. So is ‘n vuur se vlam nodig om kos voor te berei sodat ons kan lewe. Tog weet ons – net soos vuur kan versorg, kan dit ook vernietig.
Die Bybel gebruik dikwels vuur as 'n simbool van God se teenwoordigheid en krag. Daniël 3 herinner ons aan die brandende oond waarin Sadrag, Mesag en Abednego gegooi is. Ondanks die intense hitte het God hulle beskerm. Daniël wil aan elke gelowige bevestig – God is teenwoordigheid, selfs in ons moeilikste tye.
Dit is soms baie moeilik om in die vuur van die lewe te staan, en God se teenwoordigheid te sien en te ervaar. In hierdie tye sukkel ons om ons “weg uit” te vind. Tog is dit juis in die hitte van die situasie wanneer jy verseker kan wees van God se nabyheid. Kyk op en sien Sy Lig, want deur die vlamme sien ander Hom in jou situasie.
Gebed:
Here God, dankie vir U getrouheid. Dankie vir die vuur, vlamme en lig waarin ek verseker word van U teenwoordigheid. Laat ander, U in my lewe raaksien. Amen.
Geseënde week.
Vorige Briewe
| Ysterklippe en veldblomme | | Dankie Here vir al U seën. Suiwer my ysterklip-lewe deur U Gees wat in en deur my werk. Laat my blom in hierdie klip-wêreld. Raak ander aan deur die vrug van U Gees.
More ...
|
|
| Wysheid oor die grysheid | | Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie.
More ...
|
|
| WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…. | | Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde.
More ...
|
|
| Winde van verandering | | "Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie."
More ...
|
|
| Wese van goeie dade | | Die besondere opdrag om God lief te hê met alles wat en wie ons is dui op ons verhouding met God, as ons Vader en ons as Sy kind. Dit is ‘n liefde wat my hele wese omvat.
More ...
|
|
| |
|