God se Instrumente in die Lewe

 

Teks:  Daniël 2:48-49

"Toe het die koning Daniël groot gemaak en hom baie groot geskenke gegee, en hom aangestel oor die hele provinsie van Babilon en as hoof van al die wyse manne van Babilon. Maar Daniël het 'n versoek aan die koning gerig, en hy het Sadrag, Mesag en Abednégo aangestel oor die bestuur van die provinsie van Babilon; maar Daniël het in die poort van die koning gebly."
 
Daniël se geloof en wysheid het hom tot 'n posisie van groot invloed in Babilonië geneem. Hy het nie in eie krag in 'n hoë gesagsposisie opgeëindig nie, maar dit ontvang uit God se Hand. Die uitsonderlike is dat Daniël dit voortdurend so uitleef – alles is ‘n gawe en geleentheid vanaf God. Daarom seën hy sy vriende deur geleenthede te skep om invloed uit te oefen; en deel hy die seën van die Here self met die ander raadgewers en towenaars. Daniël wys hoe God ons kan gebruik as Sy instrumente in die netwerk waar ons leef – nie net om ons eie lewens te verryk nie, maar ook om ander te seën en na Hom te lei.
 
Wanneer ons ons lewens aan God toewy, gebruik Hy ons op maniere wat ons dalk nie eers kan voorsien nie. Net soos Daniël, kan ons deur ons woorde en dade 'n verskil maak. Ons geestelike en fisiese netwerke speel 'n groot rol hierin; dit is deur hierdie gemeenskappe dat ons krag, wysheid en geleenthede ontvang om God se werk te doen. Daniël se lewe herinner ons daaraan dat ons bereid moet wees om God se instrumente te wees, waar Hy ons ook al plaas, en om ander op te hef sodat hulle ook 'n verskil kan maak. Ons is almal deel van God se groter plan, wees getrou, soos Daniël, en ons gawes en invloed te gebruik om Sy koninkryk te bevorder.
 
Gebed:
Vader, gebruik my as U instrument, waar U my ook al plaas. Help my om ander op te hef en U koninkryk te bevorder. Amen.


 
Andrè

 
Vorige Briewe 

Ysterklippe en veldblomme
Dankie Here vir al U seën. Suiwer my ysterklip-lewe deur U Gees wat in en deur my werk. Laat my blom in hierdie klip-wêreld. Raak ander aan deur die vrug van U Gees. More ...
Wysheid oor die grysheid
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE….
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Winde van verandering
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen More ...
'Wie is jy?'
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag... More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...
What makes us happy?
Mag die liefde in jou lewe net sterker groei, vir jouself, jou gesin, maar bo alles vir God. More ...
Wese van goeie dade
Die besondere opdrag om God lief te hê met alles wat en wie ons is dui op ons verhouding met God, as ons Vader en ons as Sy kind. Dit is ‘n liefde wat my hele wese omvat. More ...