God in die vreemde.


Teks: Daniël 1:8
"Maar Daniël het hom voorgeneem om hom nie te besoedel met die kos en wyn van die koning nie."
 
God is altyd saam met ons as Sy kinders oppad. As gelowiges is dit ons oogmerk om saam  met Hom oppad te wees. Oor die volgende paar weke gaan ons in Sy Woord oppad wees in die boek Daniël om te leer van Sy weë en wil vir ons.
 
As tiener, of jong man, bevind Daniël hom in Babilonië, 'n vreemde land met ander gebruike en gelowe. Met hul wegvoering in ballingskap kon hul niks saamneem nie, behalwe hul verhouding met God. Ondanks die druk om aan te pas by hierdie nuwe omgewing, kies Daniël om getrou te bly aan sy geloof. Hy stel sy verhouding met God bo alles en weier om homself te 'besoedel' met die kos en wyn wat aan die afgode gewy is. Hierdie keuse weerspieël sy vasberadenheid om aan God gehoorsaam te wees, selfs wanneer dit ongemak of risiko's inhou.
 
As mense met ons 'geboorte-wortels' in Suid-Afrika, en 'lewens-wortels' elders, kan ons met Daniël en sy vriende assosieer. In ons eie lewens bevind ons, ons dikwels in situasies waar die wêreld ons nooi om aan te pas of toe te gee aan gebruike wat nie in lyn is met ons geloof nie. Wanneer ons, ons lewe saam met God leef, kan ons, soos Daniël, besluit om God se wil bo die wêreld se verwagtinge te stel.

Jy mag jouself vandag dalk in 'n vreemde omgewing bevind, of dit nou 'n fisiese plek, 'n kulturele- of geestelike uitdaging is. Tog kan hierdie "vreemde" ervarings 'n geleentheid wees om jou geloof te versterk, en om God se teenwoordigheid op 'n nuwe en diepgaande manier te ervaar. Daniël herinner ons dat ons geloof ons anker is, ongeag waar ons, ons bevind, en dat God altyd teenwoordig is, selfs in die vreemdste omstandighede.
 
Here, help my om U getrou te dien, selfs in die onbekende en uitdagende situasies en tye. Laat U teenwoordigheid my anker wees in elke oomblik en saak. Amen.

Andrè

 

Vorige Briewe 

Ysterklippe en veldblomme.
Dankie Here vir al U seën. Suiwer my ysterklip-lewe deur U Gees wat in en deur my werk. Laat my blom in hierdie klip-wêreld. Raak ander aan deur die vrug van U Gees. More ...
Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Woorde wat bly
Dit laat my dink aan woorde wat ons uit ons eie lewens onthou. Woorde wat anders mense tot, of oor ons gespreek het. Iemand wat in ons geglo het. Soms onthou ons sulke woorde 'n leeftyd lank. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...