Geestelike Rus


Teks: Genesis 2:1-3

1 Die hemel en alles daarin is voltooi en ook die aarde en alles daarop. 2 Op die sewende dag was God reeds klaar met die skeppingswerk en het Hy gerus na al die werk wat Hy gedoen het. 3 Hy het die sewende dag as gereelde rusdag geheilig, want op daardie dag het Hy gerus na al die skeppingswerk wat Hy gedoen het.

 
Geestelike rus is 'n diepe behoefte wat ons herinner aan ons ewige bestemming by God. Professor Francois Möller verduidelik dat die Skepping Sabbat, soos beskryf in Genesis 2:1-3, meer as net 'n fisiese rusdag is. Die sewende dag het nie “afgesluit” soos die ander dae nie. God het op die sewende dag gerus, nie omdat Hy moeg was nie, maar omdat die skepping volmaak voltooi was. Die Rusdag van God is 'n teken van die voltooide werk van God en ons uiteindelike en ewige rus by Hom. Hierdie rus wys vooruit na ons ewige rus in God, waar ons ten volle in Sy teenwoordigheid sal wees.
 
Na ‘n welverdiende vakansie en die nodige rus, is dit tyd om ons komende prioriteite te oorweeg. In die gejaagdheid van die lewe kan ons dikwels vergeet wat werklik waarde het. Ons geestelike en ewige rus is verseker deur God se genade vir ons, en Christus se voltooide werk aan die kruis. Wanneer ons ons lewens by Hom neerlê, ervaar ons die rus wat slegs God kan gee—'n voorsmakie van die ewige rus wat ons by Hom sal vind.
 
Ek wil jou uitnooi om van hierdie Sondag af na God se huis te kom, om Sy rus te vind, en om jou geestelik te vernuwe en versterk vir die pad wat voorlê.
 
Gebed: Here, help my om U voltooide werk te vertrou en my geestelike rus in U te vind. Amen..
 
Andrè

 
Vorige Briewe 

Ysterklippe en veldblomme
Dankie Here vir al U seën. Suiwer my ysterklip-lewe deur U Gees wat in en deur my werk. Laat my blom in hierdie klip-wêreld. Raak ander aan deur die vrug van U Gees. More ...
Wysheid oor die grysheid
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE….
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Winde van verandering
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen More ...
'Wie is jy?'
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag... More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...
What makes us happy?
Mag die liefde in jou lewe net sterker groei, vir jouself, jou gesin, maar bo alles vir God. More ...
Wese van goeie dade
Die besondere opdrag om God lief te hê met alles wat en wie ons is dui op ons verhouding met God, as ons Vader en ons as Sy kind. Dit is ‘n liefde wat my hele wese omvat. More ...