Emosionele rus


Teks: Matteus 11:28
"Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee."

In Matteus 11:28 nooi Jesus elkeen: "Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee." Jesus nooi en herinner ons om ons laste na Hom te bring. Alles wat ons emosioneel dreineer kan ons na Hom bring en voor Hom lê, sodat ons Sy vrede kan ervaar. Hy is ons veilige toevlug waar ons die vreugde van emosionele rus kan vind. Prof Francois Möller skryf dat Jesus se vleeswording, sterwe, opstanding en Hemelvaart, gelowiges se verbintenis is met die rus wat net by God te vinde is.

Ten spyte van ons verstaan van onsself, dra ons dikwels swaar laste van emosies soos vrees, hartseer, en bekommernis saam met ons. Hierdie laste kan ons oorweldig en ons vreugde, vryheid en verstaan van die lewe steel. Om emosioneel te rus is noodsaaklik vir ons geestelike gesondheid en ons verhouding met God. Wanneer ons, ons harte aan God oorgee, ontvang ons Sy vertroosting, genesing en verlossing van enige-iets wat ons vashou. Joyce Meyer het gesê: "Emosionele genesing kom wanneer ons ophou om ons laste self te dra en dit by God neerlê."

Emosionele rus is 'n daad van vertroue in God se liefdevolle sorg. Dit is te vinde in Jesus – die weg, die waarheid en die lewe (Johannes 14:6). Mag jy by God rus vind om jou emosioneel te vernuwe en versterk.

Gebed: Here, ek gee my emosionele laste aan U oor. Gee my U rus en vrede in my hart en lewe. Amen.

  
Andre



 
Vorige Briewe 

Ysterklippe en veldblomme
Dankie Here vir al U seën. Suiwer my ysterklip-lewe deur U Gees wat in en deur my werk. Laat my blom in hierdie klip-wêreld. Raak ander aan deur die vrug van U Gees. More ...
Wysheid oor die grysheid
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE….
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Winde van verandering
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen More ...
'Wie is jy?'
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag... More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...
What makes us happy?
Mag die liefde in jou lewe net sterker groei, vir jouself, jou gesin, maar bo alles vir God. More ...
Wese van goeie dade
Die besondere opdrag om God lief te hê met alles wat en wie ons is dui op ons verhouding met God, as ons Vader en ons as Sy kind. Dit is ‘n liefde wat my hele wese omvat. More ...