Psigiese rus
Teks: Psalm 46: 10
"Wees stil en weet dat Ek God is."
In ons gejaagde moderne samelewing word ons verstand daagliks oorlaai met inligting, stres, en bekommernisse. Dit is maklik om geestelik uitgeput te raak, wat ons vreugde en vrede steel. Psigiese rus is net so belangrik soos fisiese rus, want dit gee ons die geleentheid om ons gedagtes te herkalibreer en ons fokus terug op God te plaas.
Psalm 46 nooi ons uit om ons gedagtes tot rus te bring. Om te vertrou dat God in beheer is. Wanneer ons psigies rus, kan ons ons bekommernisse aan die Here oorlaat en Sy vrede ervaar wat alle verstand te bowe gaan. Daarom sê vers 10:
"Wees stil...en weet...dat Ek...God is."
Charles Spurgeon het gesê: "Rus in die Here; Hy het reeds die swaarste las gedra." Ek wil jou uitnooi en aanmoedig – word stil...wees stil... en plaas jou gedagtes in God se hande oor. Mag jy by God rus vind om jou psigies te vernuwe en versterk.
Gebed: Here, help my om my gedagtes te laat rus in U teenwoordigheid en om U vrede te ervaar. Amen.
Andre
Vorige Briewe
| Ysterklippe en veldblomme | | Dankie Here vir al U seën. Suiwer my ysterklip-lewe deur U Gees wat in en deur my werk. Laat my blom in hierdie klip-wêreld. Raak ander aan deur die vrug van U Gees.
More ...
|
|
| Wysheid oor die grysheid | | Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie.
More ...
|
|
| WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…. | | Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde.
More ...
|
|
| Winde van verandering | | "Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie."
More ...
|
|
| Wese van goeie dade | | Die besondere opdrag om God lief te hê met alles wat en wie ons is dui op ons verhouding met God, as ons Vader en ons as Sy kind. Dit is ‘n liefde wat my hele wese omvat.
More ...
|
|
| |
|