Fisiese rus
Teks: Eksodus 20:8-10
8 “Sorg dat jy die sabbatdag heilig hou. 9 Ses dae moet jy werk en alles doen wat jy moet,
10 maar die sewende dag is die sabbat van die Here jou God. Dan mag jy geen werk doen nie, nie jy of jou seun of jou dogter of die man of vrou wat vir jou werk, of enige dier van jou of die vreemdeling by jou nie.
Die Bybel herinner ons aan die belangrikheid van rus in Exodus 20:8-10, waar God die opdrag gee om die Sabbatdag as 'n dag van rus te onderhou. Prof Francois Möller noem hierdie die Verbond-Sabbat – ‘n spesifieke tydperk van rus wat Israel (gelowiges) moet afsonder en heilig. Dit is God se opdrag om vir ons te wys hoe noodsaaklik rus is vir ons welsyn en gesondheid.
In 'n wêreld wat ons aanmoedig om altyd besig te wees, vergeet ons soms die noodsaaklikheid van fisiese rus. Ons hardloop rond om ‘n beter lewe te bou, maar soms is dit juis wat ons lewenskwaliteit belemmer. Net soos ons liggame voedsel nodig het om te oorleef, benodig ons ook rus om te herstel en te vernuwe. As ons nie die tyd neem om fisies te rus nie, loop ons die risiko om uitgeput te raak, wat ons geestelike lewe en ons verhouding met God negatief beïnvloed. Soos die kerkvader Augustinus gesê het: "Ons harte is rusteloos totdat hulle rus vind in U."
Mag jy by God rus vind om jou fisies te vernuwe en versterk.
Gebed: Here, help my om tyd te maak vir rus, sodat ek U beter kan dien. Amen.
Geseënde en rustige Augustus.
Andre
Vorige Briewe
| Ysterklippe en veldblomme | | Dankie Here vir al U seën. Suiwer my ysterklip-lewe deur U Gees wat in en deur my werk. Laat my blom in hierdie klip-wêreld. Raak ander aan deur die vrug van U Gees.
More ...
|
|
| Wysheid oor die grysheid | | Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie.
More ...
|
|
| WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…. | | Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde.
More ...
|
|
| Winde van verandering | | "Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie."
More ...
|
|
| Wese van goeie dade | | Die besondere opdrag om God lief te hê met alles wat en wie ons is dui op ons verhouding met God, as ons Vader en ons as Sy kind. Dit is ‘n liefde wat my hele wese omvat.
More ...
|
|
| |
|