Ontdek God se wil
Teks: Romeine 1:9-17 (10-12)
10 'Elke keer as ek bid, vra ek God of Hy dit nie uiteindelik vir my moontlik wil maak om julle te besoek nie. 11 Ek sien baie daarna uit om julle te besoek, want ek wil 'n geestelike gawe aan julle oordra om julle te versterk. 12 Ek bedoel dat, as ek by julle is, ons deur mekaar se geloof bemoedig kan word, ek deur julle s'n en julle deur myne. '
God belowe om ons in elke situasie te lei sodat ons Sy wil kan doen.
Wanneer ons God se spesifieke doel vir ons wil vind – of dit oor werk, Kerk, verhoudings of probleme gaan – moet ons spesifiek daaroor bid. Jesus het dit kort voor Sy kruisiging gedoen. Jesus se voorbeeld en die Bybel is dikwels die middel wat God gebruik om ons te lei om Sy wil vir ons te ontdek. Dit help ons om God se algemene doel en Sy hart te ken. Sy Woord “praat” met ons deur ’n spesifieke gedeelte, met betrekking tot ons spesifieke of algemene uitdaging, vraag of dilemma.
Ons neem dikwels groot besluite met meer gemak en sekerheid nadat ons daaroor gebid, en God se Woord geraadpleeg het. Sy woorde kan bevestig word deur ’n gesprek met ’n ervare Christen vriend of kerkleier. Sommige mense het spesiale insig in God se planne en ons omstandighede. Ander is in staat om ons te help dink oor ’n situasie, op grond van hul diepe ervaring van God. God kan met ons 'praat' en ons help om Sy wil te ontdek deur selfs ’n terloopse opmerking, ’n toespraak, ’n kerkdiens of ’n vergadering.
Wanneer die tyd aanbreek om ’n besluit te neem, is dit belangrik om te onthou dat daar geen onfeilbare reël vir die regte keuse is nie. Indien daar nog twyfel in ons gedagtes is, moet ons vra dat God ons help om waaksaam te wees vir Sy stem en leiding; en vertroue te hê in Sy belofte(s), dat Hy – soos met Adam, Abraham, Jakob, Dawid, Daniël, Rut – altyd met ons sal wees.
Mag jy God se wil opnuut ontdek.
Andrè
Vorige Briewe
| Ysterklippe en veldblomme | | Dankie Here vir al U seën. Suiwer my ysterklip-lewe deur U Gees wat in en deur my werk. Laat my blom in hierdie klip-wêreld. Raak ander aan deur die vrug van U Gees.
More ...
|
|
| Wysheid oor die grysheid | | Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie.
More ...
|
|
| WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…. | | Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde.
More ...
|
|
| Winde van verandering | | "Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie."
More ...
|
|
| Wese van goeie dade | | Die besondere opdrag om God lief te hê met alles wat en wie ons is dui op ons verhouding met God, as ons Vader en ons as Sy kind. Dit is ‘n liefde wat my hele wese omvat.
More ...
|
|
| |
|