Ontdek God se weg



Teks: Johannes 13:15-17, 34-35

'Ek het vir julle 'n voorbeeld gestel, en soos Ek vir julle gedoen het, moet julle ook doen. Dít verseker Ek julle: 'n Slaaf is nie belangriker as sy eienaar nie, en 'n gesant ook nie belangriker as die een wat hom gestuur het nie. Julle weet dit nou; gelukkig is julle as julle dit ook doen.” Ek gee julle 'n nuwe gebod: julle moet mekaar liefhê. Soos Ek julle liefhet, moet julle mekaar ook liefhê. As julle mekaar liefhet, sal almal weet dat julle dissipels van My is.” '

 
God het aan ons Sy onveranderlike doeleindes op verskeie maniere getoon, sodat ons seker kan wees van wat Hy wil hê.
 
Een aspek daarvan is, dat ons gemaak is “na die beeld van God”, soos die Bybel beskryf, dat ons weet daar is so iets soos reg en verkeerd. Ons menslike gewete kan beïnvloed word deur ons opvoeding, kultuur en tradisies, maar die Heilige Gees vernuwe Christene se denke en fokus.

In die verlede het God Sy wil deur mense soos die profete en apostels geopenbaar. Hulle woorde is in die Bybel geskryf, waardeur God met ons praat om ons pad na en saam Hom te ontdek. God se wet vereis dat ons Hom vrywillig moet liefhê en dien, omdat ons wil. Hy het ons Sy Woord en gebooie gegee om ons te lei tot 'n vervullende lewe tot Sy eer.

Jesus Christus was God se finale en mees volledige openbaring van wie Hy is en wat Hy wil hê. In Jesus se lewe vind ons die voorbeeld van hoe elkeen van ons behoort te lewe. In Sy leerstellings ontdek ons God se beginsels vir ons daaglikse lewens.
 
God het belowe om ons te help om Sy weë te hou. Vertrou op Hom en laat Sy Gees jou lei.
 
Geseënde week.
Andre

 
 






 
Vorige Briewe 

Ysterklippe en veldblomme
Dankie Here vir al U seën. Suiwer my ysterklip-lewe deur U Gees wat in en deur my werk. Laat my blom in hierdie klip-wêreld. Raak ander aan deur die vrug van U Gees. More ...
Wysheid oor die grysheid
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE….
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Winde van verandering
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen More ...
'Wie is jy?'
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag... More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...
What makes us happy?
Mag die liefde in jou lewe net sterker groei, vir jouself, jou gesin, maar bo alles vir God. More ...
Wese van goeie dade
Die besondere opdrag om God lief te hê met alles wat en wie ons is dui op ons verhouding met God, as ons Vader en ons as Sy kind. Dit is ‘n liefde wat my hele wese omvat. More ...