Ontdek God se weg.
Teks: Johannes 13:15-17, 34-35
'Ek het vir julle 'n voorbeeld gestel, en soos Ek vir julle gedoen het, moet julle ook doen. Dít verseker Ek julle: 'n Slaaf is nie belangriker as sy eienaar nie, en 'n gesant ook nie belangriker as die een wat hom gestuur het nie. Julle weet dit nou; gelukkig is julle as julle dit ook doen.” Ek gee julle 'n nuwe gebod: julle moet mekaar liefhê. Soos Ek julle liefhet, moet julle mekaar ook liefhê. As julle mekaar liefhet, sal almal weet dat julle dissipels van My is.” '
God het aan ons Sy onveranderlike doeleindes op verskeie maniere getoon, sodat ons seker kan wees van wat Hy wil hê.
Een aspek daarvan is dat ons gemaak is “na die beeld van God”, soos die Bybel dit beskryf, en dat ons weet daar is so iets soos reg en verkeerd. Ons menslike gewete kan beïnvloed word deur ons opvoeding, kultuur en tradisies, maar die Heilige Gees vernuwe Christene se denke en fokus.
In die verlede het God Sy wil deur mense soos die profete en apostels geopenbaar. Hulle woorde is in die Bybel opgeskryf en so praat God met ons, sodat ons, ons pad na en saam Hom ontdek. God se wet vereis dat ons Hom uit ons eie, en omdat ons wil, moet liefhê en dien. Hy het Sy Woord en gebooie aan ons gegee om ons te lei tot 'n vervullende lewe tot Sy eer.
Jesus Christus was God se finale en mees volledige openbaring van wie Hy is en wat Hy wil hê. In Jesus se lewe vind ons die voorbeeld van hoe elkeen van ons behoort te lewe. In Sy leerstellings ontdek ons God se beginsels vir ons daaglikse lewens.
God het belowe om ons te help om Sy weë te hou. Vertrou op Hom en laat Sy Gees jou lei.
Geseënde week
Andrè
| Ysterklippe en veldblomme. | | Dankie Here vir al U seën. Suiwer my ysterklip-lewe deur U Gees wat in en deur my werk. Laat my blom in hierdie klip-wêreld. Raak ander aan deur die vrug van U Gees.
More ...
|
|
| Wysheid oor die grysheid. | | Gebed…
Here, ek is een van die mense wat oud genoem word.
Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag.
Laat my in my laaste treë nie alleen nie.
More ...
|
|
| WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE… | | Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde.
More ...
|
|
| Woorde wat bly | | Dit laat my dink aan woorde wat ons uit ons eie lewens onthou. Woorde wat anders mense tot, of oor ons gespreek het. Iemand wat in ons geglo het. Soms onthou ons sulke woorde 'n leeftyd lank.
More ...
|
|
| Winde van verandering. | | "Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie."
More ...
|
|
| |
|