Ontdek die Woord.
Teks: Psalm 119:103
Hoe aangenaam is u woord, soeter as heuning in die mond.
Meeste van ons droom daarvan om iets te “ontdek”. Die reis om ‘n 'ontdekking te maak is uniek vir elke individu. Die waarde van jou ontdekking is persoonlik en gekoppel aan jou soeke en behoefte. Tog, op elkeen se lewensreis, is daar ontdekkings wat ons maak met gemeenskaplike waarde. Liefde en geloof in God is vir elke gelowige die een ontdekking wat lewens-grense verskuif.
Professor Stephan Joubert skryf: God se Woord is ons ontdekkings-kaart wat ons na Hom lei. Vir Christen gelowiges is die Bybel ons roete en gids na God se hart toe. Sonder hierdie lewensbelangrike koers-aanduidings kan ons verdwaal en weet ons nie waarheen ons op pad is nie. Maar ten einde die Bybel as God se rigtingwysers te gebruik, moet ons dit op die regte manier hanteer en lees. Ons kan nie maar ongeoefend, onvoorbereid en aan die hand van ons eie vooropgestelde idees die Bybel op enige plek oopslaan en begin lees nie. Die Here se Woord het ook bepaalde instruksies waarvolgens ons dit moet lees, onder leiding van Sy Heilige Gees.
Ek wil jou uitnooi om God se Woord opnuut te ontdek. Luister en hoor. Volg en vertrou Hom.
Gebed: Here, dankie vir U Woord. Leer my U wil. Lei my in U weë. Amen.
Seënwense
Andrè
| Ysterklippe en veldblomme. | | Dankie Here vir al U seën. Suiwer my ysterklip-lewe deur U Gees wat in en deur my werk. Laat my blom in hierdie klip-wêreld. Raak ander aan deur die vrug van U Gees.
More ...
|
|
| Wysheid oor die grysheid. | | Gebed…
Here, ek is een van die mense wat oud genoem word.
Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag.
Laat my in my laaste treë nie alleen nie.
More ...
|
|
| WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE… | | Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde.
More ...
|
|
| Woorde wat bly | | Dit laat my dink aan woorde wat ons uit ons eie lewens onthou. Woorde wat anders mense tot, of oor ons gespreek het. Iemand wat in ons geglo het. Soms onthou ons sulke woorde 'n leeftyd lank.
More ...
|
|
| Winde van verandering. | | "Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie."
More ...
|
|
| |
|