Heilige Nuuskierigheid



Teks: Matteus 18:3-4
 
Ek sê vir julle, as julle nie verander en soos kindertjies word nie, sal julle beslis nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie. Wie homself dus gering ag soos hierdie kindjie, hy is die belangrikste in die koninkryk van die hemele.


As kind het ons menigmaal ons verbeel dat ons ontdekker-reisigers was, opsoek na die waardevolste skat van alle eeue. Dit is in die aard van ‘n kind om nuuskierig te wees, vrae te vra, ondersoek in te stel, te verken en te ontdek.
Tog, sal volwassenes soveel maal kinders vermaan om minder “nuuskierig” te wees en te “droom”, en tog eerder op die hier en nou “reg” op te tree.
 
Albert Einstein, die Duits-gebore teoretiese fisikus is waarskynlik die wêreld se mees erkende wetenskaplike. Sy formule wat die verband tussen massa en energie uitdruk – 
E = mc2  – is welbekend en aanvaar. Einstein was ook bekend vir sy insigte en uitkyk oor die lewe.

So skryf hy dan oor “heilige nuuskierigheid”:
 
The important thing is not to stop questioning. Curiosity has its own reason for existing. One cannot help but be in awe when he contemplates the mysteries of eternity, of life, of the marvelous structure of reality.
It is enough if one tries merely to comprehend a little of this mystery every day. Never lose a holy curiosity.
 

Dit is deur ons vrae, nuuskierigheid en soeke na waardheid, waarin ons die prag in die lewe en wêreld rondom ons ontdek. God se almag is duidelikste wanneer ons soos kinders na Sy Skepping kyk. Dit geld van kindsbeen af, tot in ons finale seisoen.

In Einstein se woorde:
 
Never lose a holy curiosity. Try not to become a man of success but rather try to become a man of value. He is considered successful in our day who gets more out of life than he puts in. But a man of value will give more than he receives.
 
 
Andrè
 






 
Vorige Briewe 

Ysterklippe en veldblomme
Dankie Here vir al U seën. Suiwer my ysterklip-lewe deur U Gees wat in en deur my werk. Laat my blom in hierdie klip-wêreld. Raak ander aan deur die vrug van U Gees. More ...
Wysheid oor die grysheid
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE….
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Winde van verandering
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen More ...
'Wie is jy?'
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag... More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...
What makes us happy?
Mag die liefde in jou lewe net sterker groei, vir jouself, jou gesin, maar bo alles vir God. More ...
Wese van goeie dade
Die besondere opdrag om God lief te hê met alles wat en wie ons is dui op ons verhouding met God, as ons Vader en ons as Sy kind. Dit is ‘n liefde wat my hele wese omvat. More ...