"Faith Hall of Fame"


Teks: Filippense 4:8 –
 

Verder, broers, alles wat waar is, alles wat eerbaar is, alles wat regverdig is, alles wat rein is, alles wat lieflik is, alles wat lofwaardig is—daarop moet julle let."

 
In 'n wêreld waar ons gebombardeer word met inligting en media-inligting uit verskillende rigtings en met verskillende stemme, is dit noodsaaklik om te onderskei wat werklik nuuswaardig is. Wat is tot versterking van my lewe, en wat nie? Die Bybel gee ons riglyne om ons fokus te behou. Filippense 4:8 moedig ons aan om ons gedagtes te vul met dinge wat ons nader aan God bring en ons geloof versterk.
 
Wanneer ons onsself toelaat om oorweldig te word deur die wêreld se geraas, verloor ons dikwels die dinge uit die oog wat werklik saak maak. Nuus met waarde bou my op en dien tot versterking van my lewe en bestaan. Jou belangrikste verhoudinge staan in die middel hiervan. Jou verhouding met God deur die liefde van Jesus Christus, is die ewige waarheid en goeie nuus wat ons lewens en harte verander. Dit gee leiding vir ons lewe vandag, bied voedsel vir ons siel, en bring jou nader aan jou Hemelse Vader. Dit is die nuus wat werklik waarde het en wat jou tyd waardig is.
  
Seënwense

Andrè 
 

Vorige Briewe 

Ysterklippe en veldblomme.
Dankie Here vir al U seën. Suiwer my ysterklip-lewe deur U Gees wat in en deur my werk. Laat my blom in hierdie klip-wêreld. Raak ander aan deur die vrug van U Gees. More ...
Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Woorde wat bly
Dit laat my dink aan woorde wat ons uit ons eie lewens onthou. Woorde wat anders mense tot, of oor ons gespreek het. Iemand wat in ons geglo het. Soms onthou ons sulke woorde 'n leeftyd lank. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...