Kies jou nuus.
Teks: Spreuke 25 en Psalm 1
In Spreuke 25:2 staan daar: "Dit is die eer van God om ‘n saak te verberg, maar die eer van konings is om ‘n saak te ondersoek." Hierdie Skrif moedig ons aan om kennis en begrip te soek, wat uiteindelik God se beeld as die Skepper en Kenner van almal en alles sal weerspieël.
Dit is in die mens se aard en natuur om nuuskierig te wees. Dit is verantwoordelik om te weet wat aangaan en om met kennis te kan praat en optree. Tog is daar altyd die uitdaging en gevaar om ons tyd en lewe te vul met die verkeerde soort nuus. Daarom is dit krities belangrik om te onderskei tussen dit wat die wêreld wil, en dit wat God skenk om my mee toe te rus en te lei.
Mag ek en jy noukeurig omgaan met die nuus en inligting wat ons kies om in ons lewens toe te laat. Mag die woorde van Psalm 1:1-3 ons rig en lei –
1 Dit gaan goed met die mens
wat nie die raad van goddeloses volg nie,
nie met sondaars omgaan en met ligsinniges saamspan nie,
2 maar wat in die woord van die Here sy vreugde vind,
dit dag en nag oordink.
3 Hy is soos 'n boom wat by waterstrome geplant is,
wat op die regte tyd vrugte dra en waarvan die blare nie verdroog nie.
Hy is voorspoedig in alles wat hy aanpak.
Geseënde week.
Andrè
| Ysterklippe en veldblomme. | | Dankie Here vir al U seën. Suiwer my ysterklip-lewe deur U Gees wat in en deur my werk. Laat my blom in hierdie klip-wêreld. Raak ander aan deur die vrug van U Gees.
More ...
|
|
| Wysheid oor die grysheid. | | Gebed…
Here, ek is een van die mense wat oud genoem word.
Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag.
Laat my in my laaste treë nie alleen nie.
More ...
|
|
| WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE… | | Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde.
More ...
|
|
| Woorde wat bly | | Dit laat my dink aan woorde wat ons uit ons eie lewens onthou. Woorde wat anders mense tot, of oor ons gespreek het. Iemand wat in ons geglo het. Soms onthou ons sulke woorde 'n leeftyd lank.
More ...
|
|
| Winde van verandering. | | "Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie."
More ...
|
|
| |
|