Jou blye sekerheid
Romeine 5: 3-5
Ons verheug ons ook in die swaarkry, want ons weet: swaarkry kweek volharding, en volharding kweek egtheid van geloof, en egtheid van geloof kweek hoop; en dié hoop beskaam nie, want God het sy liefde in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het.
Die Griekse woord wat met verheug vertaal is, kan ook roem as betekenis dra. Daar bestaan ongelukkig nie ‘n Enkele Afrikaanse woord wat terselfdertyd verheug en roem beskryf nie. Daarom word die uitdrukking blye sekerheid deur Paulus gebruik om God se genade te verduidelik.
Die inhoud van jou blye sekerheid is die hoop dat jy deel het aan God se heerlikheid (Rom 5:2b). Soos almal weet, is vaste hoop in ‘n gebroke wêreld nie altyd ten volle volhoubaar nie, en is beproewings deel van ons lewens. Die beproewing van jou blye sekerheid is ‘n toets en geleentheid om jou hoop en deel aan God se heerlikheid te versterk (Rom 5:3-5). Deur te oefen en te volhard in swaarkry vernuwe God ons na die beeld van Christus, wat ons vaste verwagting van God se heerlikheid sal versterk. Die grond van jou blye sekerheid oor God se genade is God self (Rom 5:14).
Deur ons lewens geheel en al in God as fondasie te anker, kry ons ‘n vaste sekerheid oor die genade en heerlikheid wat aan ons in Jesus Christus gegee is. So word swaarkry ‘n geleentheid om te volhard en ons geloof te versterk. So word ons hoop ‘n sekerheid wat nie gevind of gebind word deur hierdie lewe of wêreld nie, maar wat geanker en gebou is op die almagtige God se liefde en bystand deur Sy Gees.
Gebed:
O God van eeue en van Gees, Skenk my die krag om met my swakke vlees,
Ten spyte van seer en swaar, my vrae en kwaad te laat vaar,
Om die lewe in geloof en hoop, met egtheid en volharding te loop,
met ‘n blye sekerheid tot aan die einde van my tyd.
Amen.
Vorige Briewe
| Ysterklippe en veldblomme | | Dankie Here vir al U seën. Suiwer my ysterklip-lewe deur U Gees wat in en deur my werk. Laat my blom in hierdie klip-wêreld. Raak ander aan deur die vrug van U Gees.
More ...
|
|
| Wysheid oor die grysheid | | Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie.
More ...
|
|
| WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…. | | Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde.
More ...
|
|
| Winde van verandering | | "Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie."
More ...
|
|
| Wese van goeie dade | | Die besondere opdrag om God lief te hê met alles wat en wie ons is dui op ons verhouding met God, as ons Vader en ons as Sy kind. Dit is ‘n liefde wat my hele wese omvat.
More ...
|
|
| |
|