Die bose weet wie Jesus is.
Teks: Matteus 4 en Markus 5
Wanneer die duiwel sê: “As U die Seun van God is, ” is dit telkens ‘n versoeking aan Jesus om hom te aanbid en van God weg te draai. Wanneer die demoon vanuit die besetene sê: “Los my uit, Jesus, Seun van die allerhoogste God!” is dit bestem dat ‘n gebroke en verwerpte man by Jesus uitkom. In beide gevalle is dit ‘n bevestiging van Jesus se aard, en is dit duidelik dat die onsigbare, of metafisiese wêreld Jesus se wese ken en Hom erken as die Seun van God.
Wanneer ons die woord “as” gebruik, koppel ons meestal twyfel of voorwaarde daaraan. Aan die wese en aard van Jesus is daar geen twyfel nie, want die heelal erken Hom. Jesus het Hom ook aan ons kom openbaar as die Seun van God. Daarom kan ons glo en bid met sekerheid en vastheid in ons Almagtige Here en God.
(gedeeltelike erkenning aan Prof. HG van der Westhuizen)
Gebed:
Here Jesus, laat elke tong getuig en elke hart bely dat U die Here is. Laat elke hart dan juig – Here Jesus kom.
Amen.
Seënwense
Andrè
Vorige Briewe
| Ysterklippe en veldblomme. | | Dankie Here vir al U seën. Suiwer my ysterklip-lewe deur U Gees wat in en deur my werk. Laat my blom in hierdie klip-wêreld. Raak ander aan deur die vrug van U Gees.
More ...
|
|
| Wysheid oor die grysheid. | | Gebed…
Here, ek is een van die mense wat oud genoem word.
Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag.
Laat my in my laaste treë nie alleen nie.
More ...
|
|
| WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE… | | Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde.
More ...
|
|
| Woorde wat bly | | Dit laat my dink aan woorde wat ons uit ons eie lewens onthou. Woorde wat anders mense tot, of oor ons gespreek het. Iemand wat in ons geglo het. Soms onthou ons sulke woorde 'n leeftyd lank.
More ...
|
|
| Winde van verandering. | | "Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie."
More ...
|
|
| |
|