In die Begin.

Teks: Johannes 1:1-18
 
In die begin van die jaar is ons op nuut bewus van die feit dat ons pelgrims is. Ons reis jaar tot jaar, dag tot dag oor grense en oseane heen. 
 
Dag en nag, aand en môre, seisoene en jare. Hulle is van die begin af daar. Hulle gee die ritme waarin die diere en die mense lewe. Die mens slaap snags en werk bedags. Die roofdiere slaap in die dag en jag in nag. Die son, die maan en die sterre is daar om die ritme van die lewe vir die skepping te verseker. Die son, die maan en die sterre is tekens van die tye.
Een stêr was ‘n besondere teken. Hy was een maal daar, en hy was die teken van ‘n nuwe tyd wat gekom het. Hierdie stêr het mense gelei na die plek waar die Kindjie was. Dit beteken dat die ritme van die tyd nie eindeloos is nie. Die tyd het vol geword. God wat geskep het, skep weer.
Openbaring praat van die hierdie nuwe skepping. Die oue gaan verby, en God maak alles nuut. Daar sal nie meer nag wees nie, ook nie ‘n son en ‘n maan nie. Die ritme van die tyd voer na die eindpunt toe, wanneer God alles sal wees vir almal wat aan Hom behoort. Hyself sal hulle tempel wees en hulle lig, hulle lewe.
 (erkenning Prof JP Oberholzer)
 
Elke nuwe dag bring ons nader aan ons bestemming. Ons is pelgrims wat weet waarnatoe ons gaan.
 

Andrè

 

 

Vorige Briewe 

Ysterklippe en veldblomme.
Dankie Here vir al U seën. Suiwer my ysterklip-lewe deur U Gees wat in en deur my werk. Laat my blom in hierdie klip-wêreld. Raak ander aan deur die vrug van U Gees. More ...
Wysheid oor die grysheid.
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE…
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Woorde wat bly
Dit laat my dink aan woorde wat ons uit ons eie lewens onthou. Woorde wat anders mense tot, of oor ons gespreek het. Iemand wat in ons geglo het. Soms onthou ons sulke woorde 'n leeftyd lank. More ...
Wonderwerke
Dit is besonder kosbaar. More ...
Winde van verandering.
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen. More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie is jy?
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag...... More ...
Wie is die Here?
God openbaar Hom elke dag aan jou. Die vraag is: soek jy en luister jy…? More ...