Wanneer die pad steil raak.
Hierdie week begin ons die tweede deel van Lydenstyd. Dit is asof Jesus se bediening intensifiseer op Sy lydensreis na die kruis op Golgota. Dit laat ons soms wonder: Hoe voel God oor lyding?
Dr Annes Nel skryf God is teen lyding. Dit word duidelik uit die bediening en versoeningswerk van Christus. Jesus se bediening het bestaan uit prediking en wonders waardeur Hy mense se lewenskwaliteit verbeter het.
Sy versoeningswerk toon dat God gekant is teen die dood en hartseer wat daar vanweë die sonde is. Deur Christus se dood versoen Hy die sonde wat Hy nie veroorsaak het nie. Deur Sy opstanding oorwin Hy die dood wat nie deel van God se goeie skepping was nie.
Wanneer die pad steil raak, laat ons saam met God die stryd teen lyding aanpak. Laat ons bid. Laat ons mekaar ondersteun. Laat ons God se hart en liefde met hierdie lydende wêreld deel.
Seënwense,
Andrè
Vorige Briewe
| Ysterklippe en veldblomme. | | Dankie Here vir al U seën. Suiwer my ysterklip-lewe deur U Gees wat in en deur my werk. Laat my blom in hierdie klip-wêreld. Raak ander aan deur die vrug van U Gees.
More ...
|
|
| Wysheid oor die grysheid. | | Gebed…
Here, ek is een van die mense wat oud genoem word.
Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag.
Laat my in my laaste treë nie alleen nie.
More ...
|
|
| WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE… | | Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde.
More ...
|
|
| Woorde wat bly | | Dit laat my dink aan woorde wat ons uit ons eie lewens onthou. Woorde wat anders mense tot, of oor ons gespreek het. Iemand wat in ons geglo het. Soms onthou ons sulke woorde 'n leeftyd lank.
More ...
|
|
| Winde van verandering. | | "Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie."
More ...
|
|
| |
|