Trapsoetjies perspektief


Teks: Efesiërs 4:31-32

31 Moet nooit verbitter of opvlieënd wees of woedend word nie; moenie vloek of skel nie; moet niks doen wat sleg is nie. 32 Wees goedgesind en hartlik teenoor mekaar, en vergewe mekaar soos God julle ook in Christus vergewe het.
 
‘n “Chameleon” is meer bekend as ‘n 'trapsoetjie' of ‘n 'verkleurmannetjie',  eenvoudig vanweë die feit dat hulle so stadig en saggies loop en die vermoë het om teen byna enige agtergrond hulself te kan kamoefleer. Een van hulle fassinerende eienskappe is dat hul oë op dieselfde tyd in verskillende rigtings kan kyk en sien.
 
As mense poog ons soms ook om in te pas by ons omgewing, maar ons gesigsveld is beperk en so ook ons perspektief. ‘n Nou perspektief kan ons meer gefokus maak, maar vergroot ook die kans vir misverstande omdat ons nie alles kan sien nie. Daarom is dit belangrik om nie aannames te maak oor ander mense, hulle omstandighede en besluite nie.
 
God sien gelukkig alles. Daarom roep Hy ons op om nie veroordelend te wees nie, maar om te verstaan, omdat Christus ons verstaan. Waar ons opnuut die wêreld inbeweeg, mag ons 'soetjies' trap met ons perspektief, woorde en dade.

(met gedeeltelike erkenning aan Heather Tietz)

Seënwense,
Andre

Vorige Briewe 

Ysterklippe en veldblomme
Dankie Here vir al U seën. Suiwer my ysterklip-lewe deur U Gees wat in en deur my werk. Laat my blom in hierdie klip-wêreld. Raak ander aan deur die vrug van U Gees. More ...
Wysheid oor die grysheid
Gebed… Here, ek is een van die mense wat oud genoem word. Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag. Laat my in my laaste treë nie alleen nie. More ...
WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE….
Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde. More ...
Winde van verandering
"Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." More ...
Wie is my naaste?
Geniet die avontuur om God se wil te doen More ...
'Wie is jy?'
Jou lewensreis loop hand aan hand met die vraag... More ...
Wie is jy?
Ons is kinders van God. More ...
Wie het die Bybel geskryf: God of mense?
God se wil te openbaar en die evangelie van hoop te bring. More ...
What makes us happy?
Mag die liefde in jou lewe net sterker groei, vir jouself, jou gesin, maar bo alles vir God. More ...
Wese van goeie dade
Die besondere opdrag om God lief te hê met alles wat en wie ons is dui op ons verhouding met God, as ons Vader en ons as Sy kind. Dit is ‘n liefde wat my hele wese omvat. More ...