Tyd om.....
Teks: Filippense 4:10-20
Een van die grootste euwels van ons tyd, wat groot skade aan gelowiges en hulle huisgesinne aanrig, is die gees van ontevredenheid. Ons is nie meer tevrede met wat ons besit of waar ons woon of hoe ons lyk nie. So word ons selfs ontevrede met wanneer dinge gebeur en lei ontevredenheid tot ongeduld, wat gewoonlik gevolg word met onwelvoeglike optrede.
Die Prediker sê vir ons elke ding het sy vaste tyd, elke ding in hierdie wêreld het sy tyd. Paulus sluit hierby aan deur te sê dat hy in alle omstandighede tevrede is. Al weet hy wat armoede, honger, gebrek, nood en lyding is, weet hy dat dit deel van die lewe is en dat God sal intree op die regte tyd en manier.
Om daagliks raak te sien dat God ons versorg met alles wat ons nodig het, spreek van dankbaarheid. Ons moet raaksien wat God aan ons in oorvloed skenk, om nie net onsself te versorg nie, maar ook na ander uit te reik en hul te ondersteun en versterk. God gee aan ons ons daaglikse brood. …my God sal in elke behoefte van julle ryklik voorsien volgens sy wonderbaarlike rykdom in Christus (Fil4:19).
In tevrendenheid en aanvaarding lê daar baie lewensgeluk en vreugde.
Geseënde week.
Andrè
Vorige Briewe
| Ysterklippe en veldblomme. | | Dankie Here vir al U seën. Suiwer my ysterklip-lewe deur U Gees wat in en deur my werk. Laat my blom in hierdie klip-wêreld. Raak ander aan deur die vrug van U Gees.
More ...
|
|
| Wysheid oor die grysheid. | | Gebed…
Here, ek is een van die mense wat oud genoem word.
Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag.
Laat my in my laaste treë nie alleen nie.
More ...
|
|
| WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE… | | Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde.
More ...
|
|
| Woorde wat bly | | Dit laat my dink aan woorde wat ons uit ons eie lewens onthou. Woorde wat anders mense tot, of oor ons gespreek het. Iemand wat in ons geglo het. Soms onthou ons sulke woorde 'n leeftyd lank.
More ...
|
|
| Winde van verandering. | | "Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie."
More ...
|
|
| |
|