Gee my gehoorsaamheid.
Teks: 1 Konings 3:4-15
Ons kan die lewe voor God nie op ons eie aanpak nie. Ons moet elke dag in biddende afhanklikheid van God leef. In ons gedeelte word Salomo uitgenooi om van God se vrygewigheid gebruik te maak.
Wat wil jy hê moet Ek vir jou gee (v5)? Dit klink soos Lukas 11:9: Vra en vir julle sal gegee word.
God staan voor ons met vol hande. Wie in gebed voor God staan, staan voor die skatkamers van God.
Die gebed van Salomo is in meer as een opsig merkwaardig. Dit is ‘n kort, gevulde gebed. Dit bevat net een versoek: Gee my wysheid. As mens en koning vra Salomo net vir een ding – dat die Here hom gehoorsaam sal maak om sy tyd, geld en mag reg te gebruik.
Hoe staan ons voor die skatkamers van God? Waarvoor vra jy? Is ons bereid om God se antwoord te aanvaar? Mag ons, ons ervaring en kennis met goeie oordeel toepas in gehoorsaam aan God se wil.
Sien jou Sondag by Huiskerk.
Andrè
Vorige Briewe
| Ysterklippe en veldblomme. | | Dankie Here vir al U seën. Suiwer my ysterklip-lewe deur U Gees wat in en deur my werk. Laat my blom in hierdie klip-wêreld. Raak ander aan deur die vrug van U Gees.
More ...
|
|
| Wysheid oor die grysheid. | | Gebed…
Here, ek is een van die mense wat oud genoem word.
Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag.
Laat my in my laaste treë nie alleen nie.
More ...
|
|
| WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE… | | Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde.
More ...
|
|
| Woorde wat bly | | Dit laat my dink aan woorde wat ons uit ons eie lewens onthou. Woorde wat anders mense tot, of oor ons gespreek het. Iemand wat in ons geglo het. Soms onthou ons sulke woorde 'n leeftyd lank.
More ...
|
|
| Winde van verandering. | | "Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie."
More ...
|
|
| |
|