Kom tot rus.
Teks: Psalm 62
Psalm 62 sê dat elke mens voor ‘n keuse staan. Gedurende ons lewens kan ons of op God of op mense vertrou.
Wanneer jy op mense vertrou, is dit soveel keer ‘n waagstuk, want geen mens kan alles in hul eie lewe beheer nie. Mense is soos gras wat vergaan; gewigloos op ‘n skaal.
Daarteenoor is God soos ‘n rots – wie op Hom vertrou, het stewigheid en stabiliteit in sy of haar lewe, al is die lewe baie onseker. God is ‘n vaste punt in ons lewens. Hy is ‘n skuiling wanneer die storms van die lewe woed. Geen uitdaging is vir Hom te klein of te groot om aandag aan te gee nie. Daarom sê vers 9: “Tell Him all your needs”.
God as rots, beteken nie dat die storms gaan wegbly nie. Die storms ruk voortdurend aan ons lewens-huise. Wanneer ons egter ons lewens-huise vas op Hom anker, te midde van die rukwinde, sal Hy steeds ons rots bly…onwankelbaar, seker en veilig.
GEBED: Here Rots vir my geslaan, laat my nie verlore gaan. Wees my heil en al my krag, tot U eer, Heer elke dag. Amen
(met gedeeltelike erkenning aan Dr Annes Nel)
Rustige week en sien jou Sondag by Huiskerk.
Andrè
Vorige Briewe
| Ysterklippe en veldblomme. | | Dankie Here vir al U seën. Suiwer my ysterklip-lewe deur U Gees wat in en deur my werk. Laat my blom in hierdie klip-wêreld. Raak ander aan deur die vrug van U Gees.
More ...
|
|
| Wysheid oor die grysheid. | | Gebed…
Here, ek is een van die mense wat oud genoem word.
Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag.
Laat my in my laaste treë nie alleen nie.
More ...
|
|
| WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE… | | Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde.
More ...
|
|
| Woorde wat bly | | Dit laat my dink aan woorde wat ons uit ons eie lewens onthou. Woorde wat anders mense tot, of oor ons gespreek het. Iemand wat in ons geglo het. Soms onthou ons sulke woorde 'n leeftyd lank.
More ...
|
|
| Winde van verandering. | | "Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie."
More ...
|
|
| |
|