Om te rus.
Teks: Hebreers 4:1-11
Wanneer rus jy? Meeste van ons rus wanneer ons met vakansie gaan, of wanneer ons alles neersit en ontspan. So hoekom, kom ons soms ‘moeg’ van vakansie af terug? Hoe is ek elke Maandag so moeg, na ‘n naweek van ‘rus’?
In die Bybel word rus dikwels gesien as die punt waar mense ‘n doel bereik het. Aan die einde van die Skepping rus God (Gen 2:2-3). Matteus verduidelik Jesus se woorde oor die Sabbat, en maak dit duidelik dat ware rus net by Jesus te vinde is (Matt 11:28). Daarom sê Hebreërs 4:10 “want elkeen wat in die rus van God ingaan, rus van sy werk, net soos God van Syne.”
Die Bybel wil vir ons uitwys, dat ware rus slegs te vinde is in die vrede wat ons by God beleef. Rus is nie gekoppel aan een dag se ‘afskakeling’ of die wegdoen van sekere take nie. Rus en Vrede loop hand-aan-hand met die werklikheid en sekerheid van ons Verlossing en die wete dat ons nie oor die dag van môre moet bekommer nie.
(met gedeeltelike erkenning aan Dr Annes Nel)
GEBED: Here, lei my na waters van rus. Gee my U vrede. Amen
Rustige week en sien jou Sondag by Huiskerk.
Andrè
Vorige Briewe
| Ysterklippe en veldblomme. | | Dankie Here vir al U seën. Suiwer my ysterklip-lewe deur U Gees wat in en deur my werk. Laat my blom in hierdie klip-wêreld. Raak ander aan deur die vrug van U Gees.
More ...
|
|
| Wysheid oor die grysheid. | | Gebed…
Here, ek is een van die mense wat oud genoem word.
Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag.
Laat my in my laaste treë nie alleen nie.
More ...
|
|
| WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE… | | Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde.
More ...
|
|
| Woorde wat bly | | Dit laat my dink aan woorde wat ons uit ons eie lewens onthou. Woorde wat anders mense tot, of oor ons gespreek het. Iemand wat in ons geglo het. Soms onthou ons sulke woorde 'n leeftyd lank.
More ...
|
|
| Winde van verandering. | | "Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie."
More ...
|
|
| |
|