God bewys sy liefde!
1 Johannes 3:11-18
Elke dag weerklink die woorde reg oor die wêreld – ek is lief vir jou – in verskillende verhoudinge. Hierdie woorde bewys ‘n sekere verbintenis aan die spesifieke persoon. Wanneer iemand sê hy/sy is lief vir jou, maar anders optree, verloor hierdie woorde hulle trefkrag.
Hierdie komende naweek is Paasnaweek – Goeie Vrydag en Paassondag – waarop God sy liefde vir sondaars bewys met ‘n konkrete daad. Jesus lê sy lewe vir sondaars af, want wanneer God sê Hy het ons lief, is dit nie net woorde en lippetaal nie. Die bewys van God se liefde vind ons aan die kruis op Golgota.
Omdat God ons eerste liefgehad het, sonder dat ons dit verdien, moet ons mekaar ook liefhê. Daarom word ons as gelowiges in 1 Johannes 3:18 vermaan:
Liewe kinders, ons liefde moenie net woorde en lippetaal wees nie, maar moet met die daad bewys word, en dan in opregtheid. Ons moet God toelaat om ons lewens met sy liefde aan te raak. Ons moet die wêreld met sy liefde gaan aanraak.
(met gedeeltelike erkenning aan Ds JA Swart)
Kom dank God saam met ons hierdie Paasfees by Sondag 1 April se SAG opstandingsdiens by Guildford Gemeente om 10 uur.
Geseënde Paasfees!
Andrè
Vorige Briewe
| Ysterklippe en veldblomme. | | Dankie Here vir al U seën. Suiwer my ysterklip-lewe deur U Gees wat in en deur my werk. Laat my blom in hierdie klip-wêreld. Raak ander aan deur die vrug van U Gees.
More ...
|
|
| Wysheid oor die grysheid. | | Gebed…
Here, ek is een van die mense wat oud genoem word.
Ek lewe in die aand. Nie lank nie, dan is dit nag.
Laat my in my laaste treë nie alleen nie.
More ...
|
|
| WYSE BESLUITE en WARE LIEFDE… | | Ons moet tot God bid om wysheid, sodat ons elke dag besluite kan neem waardeur God verheerlik sal word. Ons moet tot God gerig wees, sodat ons weë en handelinge getuig van Sy ware Liefde.
More ...
|
|
| Woorde wat bly | | Dit laat my dink aan woorde wat ons uit ons eie lewens onthou. Woorde wat anders mense tot, of oor ons gespreek het. Iemand wat in ons geglo het. Soms onthou ons sulke woorde 'n leeftyd lank.
More ...
|
|
| Winde van verandering. | | "Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie."
More ...
|
|
| |
|