God sorg.
Die somer is ‘n wonderlike tyd van warm gemoedere, ligte harte en vrolike stemme. Dit is ‘n tyd van energieke vreugde, versorging en vooruitgang. 2020 se somer voel meer nog so omdat ons ontwaak en oorgaan vanuit ‘n tydperk van isolasie na ‘n situasie van ‘vryheid’.
Kan jy die hand van die Here in jou lewe raaksien? Dikwels is dit moeilik om die Here se hand – Sy bemoeienis met jou – in jou lewe raak te sien. Veral wanneer ons besig word; swoeg en sweet om te bestaan; en voor uitdagings in die lewe te staan kom. Maar ook veral wanneer ons ver van God af lewe.
Jesaja 43 sê duidelik vir ons: "
Ek het jou op die naam geroep, jy is Myne". Hy sê dat ons aan Hom behoort; in Hom gebore is. Psalm 121 verseker ons dat Hy nie sluimer of slaap nie. Al moet ons deur die meule van die lewe gaan, kan ons weet dat Hy ons nooit uit Sy liefdevolle hand sal laat gaan nie.
As ons dit in ag neem, is daar geen diepte, hoogte, donkerte of hindernis op ons lewenspad wat ons van God kan skei nie. In alles wat met ons gebeur- gister, vandag en more, is God se sorgende hand besig om ons vas te hou, te dra en op koers te hou want ons is Syne.
Ons gaan vanaand van 20:00 – 21:00 bietjie kyk na die lewe van Moses. Skakel gerus in op die Zoom link op die webblad. Hoop om jou daar te sien.
Seënwense,
Andrè
Vorige Briewe
| Ons hulp deur die eeue | | Die lewe verander. Jare gaan verby, geslagte kom en gaan, en soms wonder ons waarheen die tyd verdwyn het. Tyd staan vir niemand stil nie. Maar die God wat deur al die geslagte ons toevlug was, is vandag steeds dieselfde.
More ...
| |
|
| Wanneer die vyeboom nie bot nie | | Daar sal dae wees waarop dit ’n keuse van geloof word. Miskien is dit die diepste vorm van dankbaarheid: wanneer my hande nie vol voel nie, maar ek steeds kan sê: Here, U is hier. En U is nog steeds my God.
More ...
| |
|
| |
|