Gebed
Om as gelowiges in hierdie wêreld te leef is soms ‘n uitdaging vir elkeen van ons. Dit voel soms of die dualisme tussen die geestelike wêreld (waarna ons leef) en die fisiese wêreld (waarin ons elke dag ‘n bestaan maak) net verder van mekaar verwyderd raak. Die praktiese gevolg is dat toegewyde gelowiges soms nie deel voel van die lewe hier op aarde nie; en dat hardwerkende volgelinge van Christus lou-warm voel, en soms twyfel oor hul finale heenkome.
1 Timoteus 2 onderrig ons oor gebed. Hy maak dit duidelik dat gebed die manier is hoe gelowiges in hierdie wêreld kan en moet leef. In gebed vra ons na die wil van God; soek ons na die roete waarheen God ons lei; en hoor ons God se stem en instruksie en kry ons duidelikheid vir die praktiese lewe van elke dag. In gebed word ons geestelike wêreld en fisiese wêreld versoen en bymekaar gebring. Deur gebed skyn ons lente Lig en God se liefde sterker.
Die fondament waarop ons knieë rus, is dus God se hand van genade wat Christus die losprys maak vir sonde. Op ons knieë, biddend vanuit God se genade, word ons vir die wêreld en owerheid, veral hulle wat sonder God leef, ‘n stuk verkondiging van Christus se verlossing.
– Dr C Pretorius.
Andrè
Vorige Briewe
| Ons hulp deur die eeue | | Die lewe verander. Jare gaan verby, geslagte kom en gaan, en soms wonder ons waarheen die tyd verdwyn het. Tyd staan vir niemand stil nie. Maar die God wat deur al die geslagte ons toevlug was, is vandag steeds dieselfde.
More ...
| |
|
| Wanneer die vyeboom nie bot nie | | Daar sal dae wees waarop dit ’n keuse van geloof word. Miskien is dit die diepste vorm van dankbaarheid: wanneer my hande nie vol voel nie, maar ek steeds kan sê: Here, U is hier. En U is nog steeds my God.
More ...
| |
|
| |
|