Was dit jy of die duiwel?
Matteus 4:1-11
In tye van teenspoed en moeilike tye het my oorlede moeder altyd gesê: ou vaaltyn is al weer besig. Sy het natuurlik verwys na die volksnaam vir die ou duiwel, satan of die versoeker, soos die Bybel hom beskryf. Die Bybel beskryf die duiwel eienaardiglik as ‘n absolute ondergeskikte verloorder wat glad nie baie mag het nie. In die bogenoemde gedeelte word hierdie punt duidelik geïllustreer. Niemand kan die duiwel mag gee, behalwe jyself.
Christus weerstaan die versoeking van die duiwel. Eerstens kon hy dit doen deur te fokus op die Woord van God en hom daaruit te antwoord. Tweedens het Christus Sy roeping onthou en deurlopend getrou gebly aan God se wil. Hy het gekom om die werk van Sy hemelse Vader te doen en alhoewel die duiwel hom op ‘n kortpad verby die kruis wou lei, het Jesus as Seun van God nie toe gegee nie.
Hierdie gedeelte wil ons leer om verantwoordelikheid te aanvaar vir ons lewens en keuses. Kies soos Christus deur te fokus op jou hemelse Vader se plan en antwoord die duiwel en teenspoed vanuit God se Woord met vertroue.
Met gedeeltelike erkenning aan Dr PJ Jordaan
Andrè
Vorige Briewe
| Ons hulp deur die eeue | | Die lewe verander. Jare gaan verby, geslagte kom en gaan, en soms wonder ons waarheen die tyd verdwyn het. Tyd staan vir niemand stil nie. Maar die God wat deur al die geslagte ons toevlug was, is vandag steeds dieselfde.
More ...
| |
|
| Wanneer die vyeboom nie bot nie | | Daar sal dae wees waarop dit ’n keuse van geloof word. Miskien is dit die diepste vorm van dankbaarheid: wanneer my hande nie vol voel nie, maar ek steeds kan sê: Here, U is hier. En U is nog steeds my God.
More ...
| |
|
| |
|