Lydenstyd as Pilaar van Verstaan
Vandag is '
Shrove Tuesday' of Pannekoek Dinsdag soos baie mense dit noem. Mens gebruik verskeie ryk bestanddele – soos eiers, melk en suiker – in die maak van pannekoeke.
Dit het gedien as voorbereiding vir die 40 dae van Lydenstyd wat volg in die voorbereiding tot Paasfees. Die woord
'Shrove' verwys hierna en gee ‘n indikasie dat die lydenstyd gaan oor refleksie, self-ondersoek, berou en vergifnis.
More is
Ash Wednesday. Dit is die 7de Woensdag voor Paas Sondag. Dit merk die ‘offisiële’ begin van Lydenstyd waarin baie gelowiges iets ‘opgee’ wat hulle herinner en help om hul verhouding met God te bepeins, te bou en te verdiep.
Mag God hierdie Lydenstyd gebruik om jou lewe aan te raak. Mag jy hierdie geleentheid gebruik om jou verhouding met Hom (en Sy liefde vir jou) die pilaar van jou lewe te maak.
Geseënde 40 dae.
Andrè
Vorige Briewe
| Ons hulp deur die eeue | | Die lewe verander. Jare gaan verby, geslagte kom en gaan, en soms wonder ons waarheen die tyd verdwyn het. Tyd staan vir niemand stil nie. Maar die God wat deur al die geslagte ons toevlug was, is vandag steeds dieselfde.
More ...
| |
|
| Wanneer die vyeboom nie bot nie | | Daar sal dae wees waarop dit ’n keuse van geloof word. Miskien is dit die diepste vorm van dankbaarheid: wanneer my hande nie vol voel nie, maar ek steeds kan sê: Here, U is hier. En U is nog steeds my God.
More ...
| |
|
| |
|